Verified Reviews
Hibiscus Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hibiscus Coast
Rated 4.3 out of 5 based on 1532 reviews.
"Ramsgate is 'n baie lekker plek om vakansie te hou. Lekker klein en nie so besig soos Margate nie."
"Goed geleë en kry baie besoekers deur vakansie. Wil net meer goeie eetplekke soek in dorp."
"Dis 'n klein, intieme strandjie - dit was regtig heerlik om te kon voel jy's op 'n eiland, weg van almal en geen geraas! Dit was lekker om die hele strand vir onsself te kon hê! Daar is nie baie sulke plekkies oor nie, so dit was 'n bonus!"
"Margate het redelik baie agteruit gegaan die laaste paar jaar. Wat dit wel (volgens my) red is die beter, stiller en skoner strande rondom, soos Ramsgate en Marina Beach."
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"As jy rustigheid soek is dit heerlik en dit is tog naby Shelly vir shopping en aktiwiteite."
"Die plekkie is klein en daar is uit die aard van die saak nie veel op die dorpie self te doen nie. Dit is egter naby baie ander attraksies, wat dit 'n lekker bestemming maak. Die groot aantal gholfbane in die omgewing maak dit 'n uitstekende bestemming vir gholfspelers wat 'n rondte in die oggend wil gaan speel en die res van die dag saam met die gesin wil deurbring."