Geverifieerde Resensie
Hoedspruit
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hoedspruit bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 268 resensies.
"Hoedspruit het baie oulike winkels, die wildtuin se hek is baie naby en ek sal definitief Moholoholo aanbeveel"
"Gaan eet by die Marula pub, ry die boot op Blyde River Canyon en maak 'n draai by Moholoholo."
"Ek sal beslis Rooibos Bush Lodge, sowel as Fine & Country Hoespruit te Hoedspruit Wildlife Estate aanbeveel."
"Nie werklik nie, want ons kinders bly daar en als is baie gerieflik geleë en ons het sorglose kuiers gehad en almal is baie vriendelik en behulpsaam."
"Ek is mal oor Hoedspruit en het ons by Hat en Creek gaan eet die aand. Sal die plek enige tyd aanbeveel."
"Hoedspruit beïndruk met sy infrastruktuur wat goed onderhou word. Alle fasiliteite waaraan 'n besoeker behoefte sou hê, is beskikbaar."
"Baie mooi dorpie met vriendelike mense. Verblyf is net vreesik duur vir ons plaaslike mense."
"Lekker area om wildtuin in te gaan. Daar is ook baie besienswaardighede en goed om te doen in Hoedspruit."
"Ek was verbaas om te sien hoeveel ontwikkeling plaasvind vanaf Orighstad tot by Hoedspruit."
"Just wish on the way from Lydenburg they could fix the road condition as we would like to do a motor cycle trip down from Johannesburg towards Hoedspruit, but with the road condition, it might be very dangerous if not impossible."
"Lekker dorp met lekker eetplekke en baie goed naby om te doen en sien!"
"They need to have fishing shops where one can buy fishing stuff or make them visible if they have them and a butchery that sells wild meat."
"Dit was ons eerste besoek aan Hoedspruit en het dit baie geniet. Die mense met wie ons gepraat het was baie vriendelik en die restaurante waar ons aandete en ontbyt geniet het was albei puik."
"Hoedspruit self het ons nie 'n probleem nie. Dis 'n pragtige dorp en baie mooi plekke om heen te ry en ontspan. Sal weer Hoedspruit toe gaan, maar ek sal die slaapplek beter beplan."
"Hoedspruit is een van my gunsteling bestemmings! Met die Kruger Wildtuin sowat 'n halfuur se ry weg, die Moholoholo Rehabilitasie Sentrum, vakansieoorde soos Swadini en die asemrowende Blydepoort Vallei net om die draai, bied dit alles vir die natuurliefhebber, avonturier en sommer net diegene wat opsoek is na die bosveld se rustigheid."
"I visit every eight weeks on business but Hoedspruit is a great place to visit, especially for nature and outdoor enthusiasts."
"Die paaie tussen Dullstroom en Hoedspruit benodig net opknapping en bord aanwysings kan opdateer word."