Geverifieerde Resensie
Hoedspruit
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hoedspruit bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 268 resensies.
"Dis 'n heerlike dorp met 'n vakansie-atmosfeer. Verskeidenheid restaurante."
"I would recommend the Hoedspruit vicinity as an excellent travel vicinity."
"Lovely village with enough shops and restaurants, close to the Kruger National Park gates. Don't forget to visit the Hoedspruit Endangered Species Centre."
"Baie oulik en baie lekker, al wat net gepla het is die feit dat of jy nou 'n Suid -Afrikaner of Buitelander is jy betaal dieselfde prys vir sekere dinge. Ek wou so graag presentjies gekoop het vir my vriende hier in Pretoria, wat nog nooit in Hoedspruit was of selfs nooit die geleentheid sal kry om soontoe te kan gaan nie, maar was nie bereid om die pryse te betaal wat hulle vra vir van die goedjies nie. Ek dink dit is onregverdig dat ons (Suid-Afrikaners) so duur moet betaal vir dinge wat so eie aan ons land is. Het ook geniet om by Jessica, die seekoei te kon draai. Dit was baie nice. My seuntjie het dit baie geniet. Dan ook Moholoholo. Die aanbiedings was baie goed en dit regtig geniet, ek sal beide die plekke kan aanbeveel."
"Die bietjie wat ons van Hoedspruit gesien het aangesien ons net een nag oorgeslaap het, was dat dit 'n mooi, besige, kleurvolle dorp is met vriendelike mense."
"Die omgewing is baie mooi. Dit is net jammer dat die fenomenale bosveld nou so verskriklik bebou word."
"Uitstekende dorp. Baie lekker restaurante, veral Hat and Creek en Blue Mountain."
"Fantastiese plek en is skoon. Almal is vriendelike mense, van die man op straat tot in die restaurante. Voel baie veilig daar. Ons toekomstige woonplek, vir seker!"
"Close to the Kruger Park. Well maintained and clean. Many tourist shops. Once-a-month market for crafts, food, local produce and culture."
"Hoedspruit self is nie n toeristebestemming nie, maar wel die omgewing met al die wildsplase en die KNP natuurlik. Die klimaat is ook heerlik in die winter."
"Hoespruit self is nie 'n toeristebestemming nie, maar die omgewing wel natuurlik, omdat jy naby die KNP is."
"Is een van ons gunstelingeplekke om te besoek. Baie om te doen in die omgewing, oulike dorpie met alles wat jy nodig het."
"Die omgewing het altyd baie om te doen en sien. Ideale toerisme bestemming."
"Aangenaam verras met al die dienste en fasiliteite beskikbaar op Hoedspruit. Heelwat interessante bestemmings en aktiwiteite in die omgewing. Die spa, gholfbaan, en eetplekke almal 'n besoek werd."