Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 758 reviews.
"Die algemene toestand van die paaie in die dorp sal dringend moet opgeknap word. Daar is heeltemal te veel slaggate vir die algemene veiligheid van voertuie se bande en wiele."
"Lieflike vakansie bestemming met heerlike, maklik bekombare eetplekke. Baie bekostigbaar."
"Pragtige strande, Wacky waterpark net om die draai, visvang-geleenthede vir die manne, kuierplekke vir die jongmense en menige plekkies vir rustige see-wandelinge oral by die verskillende klein strande in en rondom Jeffreysbaai."
"I am afraid to say that being in the Eastern Cape, Jeffreys Bay looks like one of those towns where one has to be careful when moving around."
"Lekker vakansiedorp en vriendelike mense. Sal dit aanbeveel vir 'n lekker vakansieplek."
"Dis jammer dat die padnetwerk in Jeffreysbaai so ver agteruit gegaan het. Ek sal nie sommer weer terugkeer nie."
"Lekker Afrikaanse dorpie en almal is vriendelik. Alles is naby aan mekaar so jy hoef nie ver te ry om te gaan eet of dorp toe te gaan nie."
"Met die strande wat gesluit was is dit nie altyd maklik om tieners besig te hou nie, maar ja ons het dit nog steeds geniet."
"Jeffreysbaai is ons tweede huis. Ons is baie lief vir die dorp met sy vriendelike mense."