Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 719 resensies.
"Dit was my eerste besoek aan Jeffreys en ons is mal oor die plek. Die 60's Diner het die heerlikste melkskommels, terwyl jy ver gaan soek om 'n meer veelsydige menu en beter kos as by Nina's Real Food te kry. Heelwat om te doen en die kinders (tieners) mee besig te hou. 'n Naweek is net veels te kort. Volgende keer kom ons vir 'n hele week!"
"Die algemene toestand van die paaie in die dorp sal dringend moet opgeknap word. Daar is heeltemal te veel slaggate vir die algemene veiligheid van voertuie se bande en wiele."
"Lieflike vakansie bestemming met heerlike, maklik bekombare eetplekke. Baie bekostigbaar."
"Pragtige strande, Wacky waterpark net om die draai, visvang-geleenthede vir die manne, kuierplekke vir die jongmense en menige plekkies vir rustige see-wandelinge oral by die verskillende klein strande in en rondom Jeffreysbaai."
"I am afraid to say that being in the Eastern Cape, Jeffreys Bay looks like one of those towns where one has to be careful when moving around."
"Lekker vakansiedorp en vriendelike mense. Sal dit aanbeveel vir 'n lekker vakansieplek."
"Dis jammer dat die padnetwerk in Jeffreysbaai so ver agteruit gegaan het. Ek sal nie sommer weer terugkeer nie."