Verified Reviews
Johannesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Johannesburg
Rated 4.1 out of 5 based on 742 reviews.
"Ek is 'n bosveld-mens, ek sal slegs na JHB reis indien dit noodsaaklik is. "
"Ek kom van die Kaap so vir my is Johannesburg nie veel van 'n toerismebestemming nie."
"Nie meer veilig nie. Voel nie gemaklik om daar te ry nie en bang om alleen in winkels te gaan."
"Bly maar woelig en handhaaf chroniese gevoel van weerloosheid waar dit by persoonlike sekuriteit kom. Deelkrag help nie in dié verband nie."
"Vir die doeleindes waarvoor ons daar was sou ek dit as 'n toeristebesoek beskou, maar dit is steeds vir my te kommersieel om as 'n werklike toeristebestemming beskou te word."
"Uiteetrestaurante maak nie voorsiening in sekere dele vir mense wat nie Halaal is nie. Hulle verskaf geen drank saam met aandetes nie en bedien ook geen vark, spek en eiers in die oggende nie. Toeriste moet tog die opsie hê om te kies."
"Ons kan die agteruitgang sien as ons kom kuier. Dit is net te besig en te woelig."
"Having lived in Johannesburg, I would not use it as a travel destination personally, but a necessary business destination for me a few times a year."
"Het nie regtig plekke besoek nie. Was net daar vir Action Sport en besoek aan Meyerton."
"Net nie vir my nie. Verkies oop vlaktes en baie ruimte. Vir iemand anders is die omgekeerde weer waar. Ek het jare terug in Roodepoort gebly, en het alles toe baie anders gevind."
"Johannesburg omgewing het pragtige plekke en mens kan leef daar. Voel net nie altyd baie veilig by verkeersligte en in strate nie maar in buitewyke is lieflike plekkies."