Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1929 reviews.
"Daar is nie veel om te doen hier nie, en die stadsraad maak die dorp nie skoon nie. Baie swak!"
"Keimoes is 'n pragtige plek met die Oranjerivier en al die boerdery-bedrywighede wat daar plaasvind. "
"Daar is heelwat te sien in die omgewing, veral as jy bereid is om die grondpaaie te ry. Die dorp se paaie is in baie swak toestand. Daar is egter 'n lekker groot Spar en paar eetplekke. Die mense van die omgewing is baie vriendelik en gesels graag."
"Wat 'n ervaring, veral nou met al die massas water wat daar afkom. Sou graag wou sien dat Augrabies self meer goeie verblyf aanbiedinge doen. Dis 'n moet-sien en -beleef, Augrabies. Dis n moet."
"Onbeskryfbaar gedurende vloedtoestande. Ware lewenservaring wat niemand mag mis nie. Foto, video of woorde kan nie die wonderwerk tot sy ware reg bring nie."
"Die valle was asemrowend in vergelyking met dit wat ons op vorige besoeke gesien het."
"Lekker naby die Augrabiesvalle en ons het 'n bietjie wyn gaan proe. Mooi groot dorp."
"Bespreek by die Augrabiesrestaurant en jy kan die valle in die aand besigtig tot voor die hekke om 21h00 sluit. Wat 'n belewenis."
"Meer moeite moet gedoen word met die bemarking van die omgewing. Inligtingblaaie en kaarte wat die besienswaardighede aandui sou handig gewees het."
"Nice buildings and vineyards. The main street is just too busy and the shops closed too early. Nice town to stay as it's so quiet. We loved it."
"Augrabies is 'n moet op elkeen se bucket list. Ons het 'n pragtige land!"