Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1929 resensies.
"Upington is ‘n baie netjiese dorpie met netjiese parke en oulike eetplekkies en wynproe plekkies."
"Kuruman is net soos Keimoes - dit is nie regtig ten volle geskik vir toeriste nie. Restaurante maak te vroeg saans toe en die meeste besienswaardighede, kiosks ens. is heeldag gesluit op Saterdag- en Sondagmiddae."
"Dit was ons heel eerste keer in die deel van die Kalahari en sal dit ten sterkste aanbeveel vir 'n wegbreek naweek. "
"Die omgewing is pragtig en 'n besoek aan die Augrabies Waterval is 'n belewenis!"
"Jy moet ten minste een keer 'n jaar in die Kalahari uitkom. Gaan sit op 'n rooi duin onder 'n kameeldoringboom vir 'n uur - sit net, luister en kyk. Dis magic."
"Sou graag meer te doen wou hê in die omgewing en meer persone wat riverrafting aanbied. Dat daar nie enige plekke beskikbaar was vir die riverrafting ervaring nie was 'n groot teleurstelling."
"Lekker verblyf voor jy verder gaan. Bly oor die mooi inkopiesentrum."
"Ek is baie lief vir die droër dele van die land en dus is die Kalahari hoog op my lys."
"Die Kalahari met sy rooi duine is enig in sy soort as jy 'n voorliefde het vir woestyngebiede."
"Die baby geleë Augrabiese waterval mag jy nie mis nie! En 'n handige oornagting onderweg na Kgalagadi."
"Pragtige ou dorpie, net jammer van die rommel, plastieksakkies ens. wat ons maar oral in ons mooi land sien."
"Onthou die Augrabies Watervalle, Kakamas, Riemvasmaak is nie ver vanaf Keimoes nie."
"Meer inligting oor Kgalagdi park: Dagbesoekers moet voor die tyd bespreek om in die park in te gaan. "