Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11278 reviews.
"Sien Merweville as 'n pelgrimstog om weer met dit wat belangrik in die lewe is te "connect" - gaan stap in die stofstrate, mediteer in die kerk of babbel op die boekklub se stoep, maar doen dit net stadig."
"Die grondpaadjie was bietjie meer vir vierwiel-aangedrewe voertuie, maar alles wat so mooi en outentiek is, laat jou gou daarvan vergeet."
"Sou graag langer wou bly om die dorp te verken. Veral historiese besienswaardighede."
"Klein, baie skoon dorpie, ongelooflike vriendelike mense, was by Karoo-teater vir 'n 90ste verjaarsdag."
"Ons is mal oor die plek en kan met die grootste vrymoedigheid Loxton lekker aanbeveel."
"Ons het 'n bootrit op die dam gehad en ook Bethulie-museum en Kampbegrafplaas besoek. Interressante uitstappies is beskikbaar in die omgewing."
"Besoek die museums, Chris Barnard- en stadsmuseum. Vir R100 kry jy 'n begeleide toer."
"Daar is nie veel aktiwiteite beskikbaar, maar die rustigheid en atmosfeer van die dorpie is 'n groot verskil van die lawaai van die die groter dorpe en stede."
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert. Maar definitief nie die laaste nie. Dis die mooiste dorpie. Lekker snuffelwinkeltjies, interressante mense. En geskiedenis. Daar is te baie om te doen vir een aand. Onthou om jou kuier te beplan vir 'n langnaweek."
"Graaff-Reinet is 'n lieflike plek om te oornag, dit is wel hartseer dat daar nie tans baie restaurante is wat saans oop was nie. 'n Besoek aan die Vallei Van Verlatenheid is 'n moet! Gaan stap gerus met jou gesin in die pragtige, boomryke strate!"
"Gaan en besoek die Moordenaars Karoo, dis die moeite werd! 'n Mens kom uitgerus en verryk terug huis toe."
"Daar gaan nie meer veel op die dorp self aan nie, maar die omliggende area is pragtig en jy kan dit lekker verken."
"Pragtig, net jammer die pad is regtig net vir 4x4-voertuie. Daar is geen selfoonopvangs om te bel en te bevestig of jy op die regte pad is nie."