Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Die Vallei van Verlatenheid is die moeite werd om te besoek."
"Die dorp het 'n ryk geskiedenis wat glad nie genoeg bemark of oorgedra word aan mense nie."
"Besoek padstal buite dorp. Deli binne die dorp vir lekkernye en vleisgeregte. Oop op Sondagoggende met terugreis."
"Jy moet die Karoo besoek. Hy het sy eie skoonheid. Stop, stap in die veld en kyk af! Derduisende plantjies onder jou voete wat jy nie van die pad af kan sien nie. Sy mense is vriendelik en altyd lus vir n geselsie!"
"My ouers het daar gewoon so ek sal altyd 'n spesiale plekkie in my hart hê vir Prins Albert."
"Dit is ons 8ste keer op Nieu-Bethesda en vir seker nie die laaste keer nie. Dit is verblydend om te sien dat die juweel van 'n dorpie steeds van krag tot krag gaan."
"We used the town as a stopover point, and enjoyed being able to stay in the Karoo-veld."
"'n Juweel van 'n dorpie wat versteek is tussen die berge. Baie rustige atmosfeer. Nog nooit die Karoo so groen gesien nie!"
"Nie veel in die dorp maar die gasvryheid van die gesin op die plaas, skitterend!"