Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"Vallei van Verlatenheid is 'n moet. Die dorp het oor die algemeen maar agteruitgegaan."
"Moeilik om regverdige kommentaar te lewer. Ons was veels te kort daar. Moes ten minste nog 'n nag of twee oorgebly het. Die tyd was nie reg vir 'n besigtigingstoer nie en die teater was ook nie oop nie. Die persoon wat spookstories vertel was met vakansie. Sal graag weer wil gaan en hoop om meer te kan doen."
"Had a wonderful meal at Oppidek - also superb service, food was tasty and well prepared, staff friendly, also recommended."
"Ons het nog nooit gedink aan die Karoo as 'n toeristebestemming nie. Vir oorslaap, maar nie vir 'n paar dae se kuier nie."
"Die stormloop van bedelaars wat teen jou voertuig-ruite slaan en op jou gil maak werklik groot afbreek aan die dorp."
"Hierdie dorpie lê weggesteek agter die rantjie langs die besige N1, maar die oomblik wat jy afdraai in die strate kom die kalmte van die Karoo oor jou lê. Regtig ’n goeie ervaring om daar tyd te kon spandeer."
"Ons is mal oor die Karoo en spesifiek oor Victoria-wes. Ons wou weens Covid nie by familie bly dat huis te vol is nie. Beste besluit ooit om by Merino Junction te bly."
"Die dorp gaan baie agteruit. Teerstrate is swak en kort dringend aandag, vuil areas oral. Die dorp het dringend opknapping nodig ander sal toeriste begin wegbly."
"Not really a travel destination in my book. But a good overnight spot."
"Britstown is 'n uitstekende halfwegstasie, veral omdat paaie hier aansluit vanaf Weskus/Namakwaland en ook die Suidwes-Kaap."
"Wat my beïndruk het, is dat die inwoners die dorp so goed in stand hou."