Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Daar sal wonderlike geleenthede wees in en om Beaufort-Wes vir toerisme, maar soos gewoonlik op die klein dorpies waar jy gaan is in SA is bedelary 'n groot probleem."
"De Rust is n klein dorpie met karakter. Ons het ontbyt by Ray's baie geniet en het alles wat ons nodig het gekry by die Sentra."
"Dis 'n pragtige,,stil plekkie. As jy opsoek is na 'n rustige afpak plekkie is Colesberg net die regte opsie. Jy gaan nie spyt wees nie."
"Karoo omgewing is vir ons mooi en met paar interesanthede in die omgewing het ons 2 dae verbygesnel - sal enige tyd weer daarso oorbly."
"Williston is 'n klein dorpie in die Noord-Kaap, maar 'n moetsien-dorpie. Die dorp is skoon en netjies en die eenvoud is opvallend."
"Ons het die Karoo gasvryheid baie geniet. Oulike restaurant met lekker melkskommels en baie windpompe om af te neem!"
"Ons het net oornag, so ons het nie veel tyd gehad om die dorp te verken nie, maar kan wel 4sheep restaurant en winkeltjie aanbeveel vir 'n inloer."
"Ons het die vakansie altesaam 7 nagte en die Karoo spandeer - tot in die Tankwa en het die rustigheid, uitgestrektheid, die veld en verskeidenheid rotsformasies geniet en waardeer. Na die onlangse reënt was alles besonders mooi."
"Nieu-Bethesda is 'n moet sien Karoo dorpie. Van die Uilhuis, Brouery en Fossil centre. Die kos daar rond is watertand lekker."
"’n Baie mooi plek - nie so vervalle soos ander plattelandse dorpies nie. Manna Restaurant is ’n moet - veral die skaapnek!"
"Went to see the Owl House. Very little else to recommend. A quiet, clean town off the beaten track."