Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"Dis 'n pragtige dorpie waar die inwoners sommer self inspring en dinge netjies hou. Ons het lekker by die Rooi granaat middagete geniet."
"Fraserburg bied die ideale toerismebestemming aan diegene wat regtig die platteland wil ervaar."
"Pragtige, geskiedkundige dorpie met pragtige ou geboue and asemrowende uitsigte op die berge."
"Dis duidelik dat Colesberg goed versorg word. Die Plattelander is 'n aangename restaurant."
"Ons is verlief op Graaff-Reinet en kuier graag daar. Baie ook om in die omtrek te sien."
"Dit is 'n klein dorpie waar jy veilig voel so in die middel van die Karoo. Voorwaar die ideale dorpie vir oorslaap."
"Maak seker dat jy reeds jou inkopies gedoen het in 'n ander dorp as jy op 'n Sondagmiddag aankom. Slegs paar kafees oop gekry vir ys en koeldrank."
"Het eintlik 'n interessante geskiedenis en 'n mens behoort langer as 'n nag oor te bly."
"Die Karoo Nasionale Park is een van ons gunsteling parke waar ons gereeld gaan kamp. Sou mens oornag by 'n gastehuis is dit baie gerieflik en naby om die park te besoek. Daar is ook ander wildreservate in die direkte omgewing en aangesien verblyf in die park en ander reservate regtig baie duur is, sal ek beslis aanbeveel om by Mango's verblyf te reël en dan die parke te besoek as 'n dagbesoeker."
"Natuurlik beleef 'n mens die verskriklike armoede en werkloosheid in die dorp en kinders wat rond beweeg in die strate op soek na voedsel."
"’n Skoon dorp, stil, vriendelike mense en kry rus vir jou siel na ’n lang dag op die pad."
"I am a property holder there myself. It is one of the best small Karoo dorpies."