Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Each part of our country has its unique beauty. The Karoo is special in its terrain, plant and animal life and its people."
"Mooi Karoo-dorpie. Nogal baie te sien as mens tussen die huise en in omgewing beweeg. Baie rustige oornagdorp!"
"Dis 'n pragtige dorpie waar die inwoners sommer self inspring en dinge netjies hou. Ons het lekker by die Rooi granaat middagete geniet."
"Fraserburg bied die ideale toerismebestemming aan diegene wat regtig die platteland wil ervaar."
"Pragtige, geskiedkundige dorpie met pragtige ou geboue and asemrowende uitsigte op die berge."
"Dis duidelik dat Colesberg goed versorg word. Die Plattelander is 'n aangename restaurant."
"Ons is verlief op Graaff-Reinet en kuier graag daar. Baie ook om in die omtrek te sien."
"Dit is 'n klein dorpie waar jy veilig voel so in die middel van die Karoo. Voorwaar die ideale dorpie vir oorslaap."
"Maak seker dat jy reeds jou inkopies gedoen het in 'n ander dorp as jy op 'n Sondagmiddag aankom. Slegs paar kafees oop gekry vir ys en koeldrank."
"Het eintlik 'n interessante geskiedenis en 'n mens behoort langer as 'n nag oor te bly."