Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Mooi skoon dorp wat toerisme verdien om te kan oorleef! Baie ver van alles, maar as deel van 'n toer, moet dit bemark word."
"Ek dink elkeen moet minstens een maal in Carnarvon en area oorbly om die ongelooflike gasvryheid van hierdie mense te ervaar. Daar is iets aan die stilte en die sterrehemel wat met jou siel praat. Volgende keer bly ek minstens vier nagte."
"Pragtige dorpie. Wens ek kan eendag meer tyd daar spandeer as ons nie so haastig is nie."
"Dit is jammer dit gaan ekstra tyd by jou reis voeg om ten minste iets te gaan kyk. Daar is baie om te sien."
"Ongelukkig ry ons gewoonlik net deur of ons slaap net oor. Ons beplan om volgende keer meer tyd te spandeer en alles te besoek."
"Having just come from Cradock, where things are very different. It was good to see a clean, functioning town."
"Tyd het stil gaan staan in die dorpie. Wens ek kon daar gaan woon."
"Potensiaal vir 'n gewilde kunstige tipe dorpie wat nog ontgin moet word. Ry ten minste net eers deur en kyk, kan nie onthou wanneer laas ek net verbygehou het nie."
"Philippolis is 'n pragtige dorp, maar vrek vuil - hul moet drasties kyk na vullis-verwydering in en om die dorpie. Die monument van Adam Kok is onveilig en word nie in stand gehou nie. Ons het 'n baie slegte ongeluk by die monument gehad as gevolg van geen relings en instandhouding van die paadjie."
"Die Karoo bly 'n eienaardige streek met sy eie bekoring. Op pad terug huis toe was dit wonderlik om te sien hoe dankbaar is die natuur vir die reën - elke moontlike holtetjie gevul met water - elke bossie, boom, grassie het sommer groener gelyk - die Karoo se manier om dankie te sê."
"Ons het laat ingekom en vroeg gegaan maar jammer soos vele ander dorpe in ons land is die verval maar 'n seerpuntjie vir almal."
"If you are looking for a relaxing break out of the rat race, this could be the place to unwind."
"If you are looking for peace, tranquility and a place to catch your breath in the Great Karoo, Loxton is the place. The tree lined streets are a beautiful feature of the area."
"Dis 'n ongelooflike natuurskoon. Rustig maar dink as jy 'n boot het gaan jy lekker kan baljaar vir 'n hele paar weke. Dorpie se mense is ook baie vriendelik."
"Stunning village with lovely little shops to explore and dinner at the Lazy Lizard was wonderful."