Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Ons het water vir die dorp saamgeneem wat so nodig was. Dit was lekker om die vallei van Verlatenheid te besoek asook om deur die dorp te stap. "
"As jy net wil ontspan en die natuur geniet, is dit die plek om heen te gaan. Kinders mag dit egter nie so aangenaam soos volwassenes ondervind nie. "
"Pragtige dorpie, net jammer so baie plekke was nie oop tydens ons besoek nie, soos antikware winkels, olyfplaas ens."
"4-sheep restaurant uit die boonste rakke. Heerlike afval en bredie geëet. Dit is net buitensporig duur. "
"Die Plattelander Restaurant sal ek definitief aanbeveel. Puik diens en goeie kos!"
"Jou hart gaan uit na die mense daar wat tans groot droogte ervaar. Die gemeenskap vat hande en werk saam om die dorp skoon en netjies te hou en besoekers welkom te laat voel."
"Dis 'n klein dorpie. Almal waai vir jou en nie te sleg met hul pryse nie. "
"Unieke dorpie, met baie mooi, ou argitektuur. Alhoewel dit op die stadium baie droog is, is die natuur baie mooi in die Steytlerville-omgewing."
"Oulike dorpie, sal definitief die hotel wil uitprobeer as ons eendag weer deurry. Het al by The Old Mill coffee shop gestop op 'n vorige trip. Lekker stopover!"