Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Die dorpie het sy normale beperkinge as 'n klein Karoo-dorpie, maar ons was baie verras met hoe skoon die dorp was en die ongelooflike goeie Lord's Kitchen restaurant, wat regtig baie hoë standaard kos en Karoo-lam disse het!"
"Baie oulike restaurante, perfekte bestemming om oor te bly tussen Kaap en Gauteng. "
"Ons ken Gariepdam al vir baie jare en bly gewoonlik daar oor wanneer ons vanaf Kaapstad na Mpumalanga toer."
"Perfectly positioned to break our trip from Durban to Cape Town. There were some lovely restaurants and bars and the people were friendly."
"Ten spyte van die knellende droogte bied Graaff-Reinet 'n verskeidenheid besienswaardighede. Die netheid van die dorp is opvallend."
"Colesberg is a very good halfway point to George and breaks up the trip to make the journey easier."
"Soos meeste ander dorpe in die streek gaan die infrastruktuur agteruit. Die dorp se ligging en uitsig oor die dam maak egter op daarvoor. Dit is stil en rustig en op ‘n warm dag kan mens heerlik in die dam gaan afkoel. Daar is ‘n vulstasie wat oop is gedurende die dag, ‘n ABSA-kitsbank, drankwinkel en ‘n paar winkels waar mens alles kan kry wat mens op ‘n naweek of vir langer nodig mag hê. Die onbekende Rolfontein Natuur Reservaat is aangresend aan die dorp en ook ‘n besoek werd. "
"Colesberg het sy eie bekoring wat mens gelukkig in lugversorgde omstandighede kan geniet."
"Dis soos ‘n liefdevolle familielid ─ jy weet nie hoekom jy van die plek hou nie, want dis vrek lelik, maar die gasvryheid van die mense maak dit lekker."
"Baie klein dorp met heerlike mense, lekker geëet in die hotel en al die locals ontmoet, baie gelag was 'n fees."
"'n Besondere interessante plek in 'n histories-ryke omgewing, beslis die moeite werd om meermale te besoek en te verken."
"Die munisipaliteit kan meer doen om seker te maak die strate het name en dat die paaie se merkers duidelik te sien is."
"Rustige dorp wat goed geleë is vir 'n oornag rus. Baie mooi ou huisies en geriewe in die dorp. "
"Verskriklike mooi dorpie en die inwoners is ongelooflik vriendelik en gasvry. Baie veilig. Ons as gesin het tot donker in dorpie buite rondgeloop en die plekkie verken. Iets wat jy nie sommer meer op ander plekke kan doen nie. "
"Lekker warm daar. Maar lekker in die straat geloop. En lekker geëet by een van die restaurante. "
"Mooiste ou geboue! Propvol geskiedenis! Wye verskeidenheid, goeie gehalteverblyf (binne en buite die dorp)! Goed gevestigde dorp; baie winkeltjies ─ als wat jy nodig het sal jy kan kry. "