Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Ek het net een keer in 'n gastehuis oorgeslaap wat 'n hoë standaard gehad het. Hanover skep , as 'n dorp, die indruk van 'n redelik armsalige plek met baie armoede. Maar sy ligging tussen die Kaap en Gauteng het sy voordeel wat benut kan word."
"Colesberg is die ideale dorp om oor te slaap vir reisigers wat vanaf Gauteng na die Wes-Kaap op pad is. Mooi ou geboue en genoegsame restaurantjies en koffiewinkels vir besoekers wat nie selfsorggeriewe het nie."
"Chris Barnard's birthplace, a museum, plenty of garages/restaurants/shops etc. A good place to stop for an overnight break on the N1 to the Cape."
"Heerlik gekuier in die juweel van die Karoo. Het sommer langer gebly as beplan. Restaurante tops (moenie Polka se skaapnek mis nie!). Dorp pragtig versorg. "
"Whenever we stop in Colesberg, we always go to Plattelander for the best lamb chops ever."
"Make an effort to have supper at Pioneers Restaurant in Parsonage Street (opposite De Kothuize). Absolutely worth it!"
"Daar kan sekerlik baie meer gedoen word t.o.v. toeristebestemming. Die oord en dam is fantasties, so ook die Donkerpoort 4x4-roete."
"Ons het baie lekker gebly in Carnarvon en verskriklik lekker geëet by Lord's Kitchen."
"Ek wens ek kon terugkom vir hulle Apollo Fees en sommer net ook om rustig te word. Op die oomblik grawe die munisipaliteit al die strate vol - ek dink hulle vervang waterpype - ek hoop dat dit binnekort voltooi sal wees en alles weer netjies sal wees. Die Padstal in die Hoofstraat N14 is die moeite werd - skaapvleispasteitjies en groot porsies tuisgemaakte aartappelskyfies. Ek hoop ons kan weer Victoria-Wes toe gaan en nie net verby jaag nie."
"Vriendelike dorpsmense. Heerlike koffiewinkels en winkels het als wat jy mag nodig kry."
"Ek wens ons kon meer tyd daar deurbring! Polka Restaurant en die Windmeul-winkel reg langsaan was hoogtepunte. Vriendelike mense oral! Mag julle die goeie reën kry wat julle so nodig het!"
"Dis maar 'n ou droë dorpie, maar as jy daar in die week is, besoek beslis die Karoo Deli vir 'n lekker koppie koffie!!"
"Ek dink Hanover is 'n oulike dorpie en het baie toeriste-potensiaal. Die ingang en uitgang van Hanover moet net mooi skoongemaak en versorg word."
"Pragtige kunsmuseums en ander besienswaardighede, veral die groot kerk. Ons het die geleentheid gehad om 'n kerkdiens Sondagoggend by te woon met die kerk se 227ste verjaardag. Die vriendelikheid van die dorp se mense is merkwaardig. "