Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11336 reviews.
"Sal definitief aanbeveel om na 'The valley of desolation' toe the gaan, asook om aandete te gaan geniet by 'Polka' restaurant. Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp!"
"Hotel se restaurant fantasties,pragtig binne, diens uitstekend en kos uitstekend. Kok kom self om en knoop geselsies aan."
"Dit is n baie interessante en aangename plek om te besoek."
"A very gentle interesting town. Would have liked more time to explore."
"Ek kan Bordeaux Restaurant aanbeveel vir aandete, baie lekker kos en goeie, vinnige diens."
"Beautiful! Buzzing CBD with charm and character, must go to the Plattelander!!"
"Die 'nuwe' Gin Bar is 'n moet, uitmuntende toevoeging tot die allegaartjie van goeie plekke reeds in die dorp."
"Die damwal is baie insiggewend met sy geskiedenis en ontstaan. Tensy jy by die ATKV-oord bly is daar geen toegang tot die dam wat ek van bewus is nie. Sal graag by die dam self wil visvang, indien iemand na ons kan terugkom met akkommodasie (buiten die ATKV oord) wat vir visvangers voorsiening maak? Baie mooi natuurskoon, net jammer oor die droogte wat die watervlak baie laag gemaak het."
"Baie interessant, rustig en stil maar baie kunstige mense en plekkies om te besoek. Wens ons kon langer gebly het."
"Die mooi, ou dorpie is tans gehawend en die vuil strate en besoedelde riviertjie is hartseer om te sien. Daar was egter onverwagse lekker eetplekke."
"Ek is baie lief vir die deel van SA want ek dink dit is 'beauty with a touch of sadness'. Mense and diere wat aangaan ongeag van die droogte, en die mooiheid moet jy vind, dit val jou nie maklik aan soos by die Tuinroete of sulke plekke nie. En as jy dit wel vind, dan is dit soos 'n stukkie 'treasure'. "