Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Eet, verversings, snoeperye is onnodiglik duur. Was twee keer uitgebuit. Maak seker wat jy bestel is in detail bespreek, vra pryse vooraf om seker te maak julle praat van dieselfde ding."
"'n Moeite-werd plek om te besoek. Moenie dit misloop nie. Gaan kyk na die boekwinkel - daar is 'n ongelooflike versamelingboeke, oud en nuut."
"Beautiful town - off the beaten track. Loved the restaurants the town had to offer! Close proximity to Swartberg Pass, Gamkaskloof (Die Hel) and Cango Caves. "
"Was verras oor lekker eetplekke, vriendelike mense en interessante winkels met mooi goedjies."
"Heelwat om te doen, plekkies om by in te loer en kontreiwinkels om te besoek. Gaan eet gerus 'n heerlike tuisgemaakte pastei by Kapoet. Dis hoogs aan te beveel."
"Die museums, Vallei van Verlatenheid en die vetplantkwekery is beslis 'n besoek werd. Moet ook nie vergeet om 'n paar stukkies vleis by Kamdeboo-slaghuis te koop nie - dis 'n moet. Cold Stream Restaurant is ook hoogs aan te beveel."
"Die droogte het watervoorsieningsprobleme in die dorp tot gevolg. Die plaaslike opgaardam is kurkdroog."
"Kan alles doen wat jy wil in 'n halwe dag. Ons het vir 3 dae bespreek en dit was te veel."
"Beste restaurant om te besoek is Inni Kraal. Het lanklaas so heerlik geëet. "
"Die hotel voorsien lieflike en smaaklike etes. Dit was 'n nuwe ervaring vir ons om hier oor te bly, ons eerste maar nie die laaste nie."
"Die mense op Phillippolis is vriendelik en gasvry en mens voel en is so veilig in hierdie dorpie. Al die geskiedkundige plekkies soos die museum, kerk, Laurens van der Post-museum en tuine maak dit interessant om te besoek. Die diens en etes by Sielskos en Bird Haven was onverbeterlik en kry ons komplimente. Ons het ook aangedoen by Oom Jan se Gastehuis en Restaurant en alhoewel dit heelwat duurder is, is Oom Richard Proctor-Simms iemand wat sorg vir ietsie lekker om te eet, en 'n mens verlaat die plek met heelwat meer kennis oor die dorpie en sy mense as voorheen. Die brouery net buite die dorp en talle ander plekkies maak dit die moeite werd om meer as een dag in Phillippolis deur te bring."
"Dit is 'n klein dorpie met slegs een restaurant, maar die mense is baie vriendelik en ons het baie lekker by die Tafel 42 Restaurant geëet."
"Comparatively, a better place to Beaufort West. On an ongoing basis, the private and corporate sectors should be looking at the development, for example, in Nelspruit in order to upgrade and be considered for a longer period of holiday rather than just a stopover."
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."