Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Dit lyk wel of daar moeite gemaak word om die geboue in die dorp op te knap. In sekere dele van die dorp en net buite Victoria-Wes is dit egter ongelooflik vuil met vullis wat die hele wêreld vol gestrooi lê."
"Die dorpie is 'n goeie oornagbestemming op jou reis Kaap toe en die mense doen moeite om hul dorpie skoon en mooi te maak. "
"Dit is baie stil en rustig in die Karoo. Die mooi helder sterre is 'n belewenis in die Karoo. Sal dit verseker aanbeveel."
"Beeldskone dorpie. Goeie mense en geselskap in en om die dorp. Die geriewe is skoon en daar is 'n groot mall vir die nodige."
"It's a big sky country, a place of quiet and natural beauty. What a lovely escape Nieu-Bethesda is!"
"The locals are welcoming and always willing to engage in conversation."
"Dis 'n heerlike bestemming om deel te maak van enige reis. Ek sou ten minste twee aande bly om jouself kans te gee om na die Mannetjie Roux museum te gaan en ook van die erfenis te beleef. Die brosjures sê dat die gebied in September in blomme onthul is, wat verseker die moeite werd sal wees om te beleef."
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp met wonderlike dinge om te verken. Van ou kerke, museums, kaktustuine tot staproetes en soveel meer, is dit werklik iets om te beleef. Die inwoners is vriendelik en laat 'n mens tuis voel. Van die oomblik wat 'n mens by die dorp inry voel 'n mens ontspanne en verlaat die alledaagse stres jou onmiddellik. "
"Ten spyte van die gure weer, kon ons effe rondstap. Dit lyk na 'n dorp met baie om te sien en te doen. Die museums was reeds gesluit, maar is op ons doen-lys, asook die omgewing, veral die Nasionale Park. Wat wel gehinder het, is die toestand van die park agter die indrukwekkende kerk (voor die stadsaal/burgemeesterskantoor?). Die terrein is vuil en onversorg, met haweloses wat doelloos rondsit. Ons sal wel terugkom om die dorp se besienswaardighede en die omgewing te verken."
"Ontsaglike probleem met rommelstrooiing in die dorp. Die Munisipaliteit kan gerus werkgeleenthede skep vir persone wat nét rommel en veral plastieksakke opruim. "
"Baie sentraal tussen Gauteng en die Kaap geleë. Hulle kan nog gastehuise beskikbaar stel."
"Die omgewing is aangrypend vir 'n Gautengse stedeling en roep baie herinneringe van toeka se tyd op!"
"Die Plattelander - beslis 'n plek waar jy moet gaan eet. Die skaapstertjies sal maak dat jy jou vingers afeet. Die dorp se strate is net baie vuil wat 'n jammerte is, maar aan gasvryheid en lekker eet is daar nie 'n tekort nie."
"Apparently the actual halfway point between Cape Town and Johannesburg which makes sense as a stop over if driving. Hanover itself, however, does not have much to offer, unless you can land yourself on a lovely farm, of which there are plenty."