Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Die waardering vir die geskiedenis en mooi geboue sal ek beslis aanbeveel. Ons het vanaf Victoria-Wes na Loxton gery - die mooiste kerk, die Rooi Granaat en Deon Meyer se huis. Daarna het ons deur Carnavon gery en die afdraai na die SKA geneem om na die satelliete te gaan kyk (besig met padwerke op die oomblik)."
"Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet."
"Pragtige ou historiese en skoon dorpie. Veral aan die onderkant waar huise uit 1850 dateer. Die mense is ook almal vriendelik."
"Baie goeie en sentrale oornagpunt, maar as jy mal is oor hengel is dit 'n goeie vakansieplek."
"Dis 'n pragtige dorp met die mooiste geboue. Jammer dit is so droog, ons bid net dat die reën gou vir julle sal kom."
"Beaufort West is a lovely town. Very clean and tidy and there is a vast variety of accommodation that suits everyone."
"It's a small quaint town but very run down and the maintenance from the municipality's side is next to none. An interesting stopover as they used to breed horses here for the Durban July. "
"Die dorpie is baie besig met al die trokke en verkeer in die hoofstraat wat deur die nag 'n geraas veroorsaak. As jy wil oornag en wil rus beveel ek aan dat jy blyplek soek ver weg van die hoofstraat."
"Bespreek gerus 'n wildrit na die Camdeboo Nasionale Park - daar is soveel interessanthede wat vertel word oor Graaff-Reinet en die park - ook genoem die Vallei van Verlatenheid."
"'n Baie mooi dorp. Wil nog vir 'n paar dae daar gaan bly om die omgewing te verken. Dié dorpie het die oulikste restaurante met baie besonderse kosse."
"Steynsburg is "off the beaten track" en 'n aangename verassing as jy van klein dorpies hou. Die pad na Jeffreysbaai via Steynsburg en Hofmeyer is still en nie in 'n slegte toestand nie. "
"Oulike plekkie vir vinnige oorslaap. Dink nie noodwendig vir meer as 'n dag nie. Beardaux-restaurant het lekker kos en vriendelike diens en 'n speelplek vir kinders is altyd 'n bonus. Diens by die Engen-vulstasie is altyd tops."
"Ons het die dag in Camdeboo National Park deur gebring en kan dit beslis aanbeveel. Die geriewe is in uitstekende toestand en daar is lieflike roetes in die park. Ons het ook gebraai in die park en moet noem dat die piekniekarea lieflik was. Beslis die moeite werd om te besoek."