Pick your preferred language

English

Afrikaans

Verified Reviews

Karoo

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo

Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.

Graaff-Reinet, Karoo

Karoopark Guest House

"Sal weer in Graaff Reinet gaan kuier. Ons kuier was heeltemal te kort, maar ons het baie gesien en lekker by al die klein restaurantjies geëet. Besoek gerus die Vallei van Verlatenheid ... dis 'n moet!"

Nieu-Bethesda, Karoo

The Ibis Lounge

"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke op jou "bucketlist". Gaan verken die omgewing, koop 'n uil, drink 'n draught en eet 'n skaaptjoppie. Dis 'n klein stukkie hemel so tussen al stof deur!"

Aberdeen, Karoo

Aberdeen Self-Catering

"Aberdeen het ons lekker verras. Dit is 'n mooi skoon dorpie met die mooiste kerk in die middel van die dorp. Die mense is vriendelik en het ons sommer gou tuis laat voel. Ek sal beslis terugkeer om meer van Aberdeen te verken."

Graaff-Reinet, Karoo

Karoopark Guest House

"Graaff-Reinet was 'n lekker dorp om te verken, veral met die pragtige kerk, die Kaktus Kwekery en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. Ek sal terugkeer om nog meer te verken."

Philippolis, Karoo

Anker Guesthouse

"'n Pragtige dorpie en 'n plekkie wat 'n mens verseker moet besoek voor jy Kaap toe gaan. Maak ten minste een keer 'n draai en besoek die dorpie in die daglig om al die mooi raak te sien. Die pad soontoe lyk ook nie te sleg nie."

Prieska, Karoo

Overnight @ Prieska

"Prieska kan baie doen om toerisme in die streek te bevorder. Kyk na die natuurreservaat met die blokhuis (wat uit tieroog gemaak is). "

Vanderkloof, Karoo

Rhino Manor

"Meer vermaak moet gereël word. Die eetplek en die winkels moet bietjie opgeknap word, want dit is bietjie outyds."

Nieu-Bethesda, Karoo

Elke's Guesthouse

"Fantastiese wegbreek van die stadslewe. Wonderlike natuurskoon. Baie om te doen. Fantastiese kos. Vriendelike mense. Baie veilig. Ons kon laat in die aand met ons honde gaan stap sonder om oor ons skouer te loer. Dit kan ons nie in Pretoria doen nie. Die leivoor is op plekke baie diep en onbedek. Ons hond het een aand laat vir 'n bakkie en sleepwaentjie (van Gauteng!) geskrik wat vinnig om die draai gekom het en het toe in die leivoor geval. Die voor is meer as 6 voet diep. Die polisie was ongelooflik vinnig op die toneel om te help. Miskien sal dit veiliger wees indien die leivoor bedek word waar dit so diep is."

Colesberg, Karoo

Hazeldene

"Ongelukkig net 'n oornagdorpie vir reisigers op pad kus toe. "

Graaff-Reinet, Karoo

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Museums was interessant. Ek was aangenaam verras."

Hopetown, Karoo

Karoo Inn

"Gerieflik geleë tussen Pretoria en Kaapstad."

Colesberg, Karoo

Palmietfontein Gastehuis

"Colesberg is a very good destination en route to Cape Town from Johannesburg."

Beaufort West, Karoo

Haus Holzapfel

"Lekker en baie netjies. Baie dankie dat julle die vleis gestoor het. Puik diens."

Britstown, Karoo

Transkaroo Country Lodge

"Halfpad tussen Sedgefield en Potchefstroom. Ideaal geleë."

Beaufort West, Karoo

Little Lamb

"Pragtige dorp! Fantastiese eetplek by Karushi - bekostigbaar, wye verskeidenheid (ook vir vegetariërs) en baie smaakvol voorberei."

Philippolis, Karoo

Kanon Guest House

"'n Juweel wat nog gevind moet word. Beeldskone dorp en vriendelike mense!"

Prince Albert, Karoo

Travellers Rest

"Die Swartbergpas na Oudshoorn is baie aanskoulik, veral in die voormiddag voor dit warm raak."

Gariep Dam, Karoo

View Lodge

"Tans baie droog."

Prince Albert, Karoo

Saxe-Coburg Lodge

"Ek is verlief op Prins Albert ... mooiste dorpie. "

Beaufort West, Karoo

Ko Ka Tsara Bush Camp

"Pragtige dorpie met vriendelike mense ... mal daaroor!"

Graaff-Reinet, Karoo

Middle Street Manor

"Almal wat Graaff-Reinet besoek moet na die Vallei van Verlatenheid gaan kyk. Dis 'n heerlike uitstappie. "

Colesberg, Karoo

Spes Bona Guesthouse

"Gaan probeer gerus die skaapstertjies by die Platteland Restaurant net af in die straat, dis heerlik. Die pizzawinkels in Gauteng kan gerus gaan kers opsteek by die pizza's van JC's. Hulle lewer gratis af by jou tuiste en dit is absoluut heerlik."

Graaff-Reinet, Karoo

Thyme and Again B&B

"Graaff-Reinett het soveel besienswaardighede. Ons het die Vallei van Verlatenheid gaan besoek en dit was 'n wonderlike ervaring."

Prince Albert, Karoo

Lavenders

"Oulike, karaktervolle dorpie. Heerlik geëet by The Gallery Restaurant."

Laingsburg, Karoo

Herambi Guest House

"Vir diegene wat van afval hou, kan dit geniet word in die koffiewinkel by die hotel."

Page
Page 343 - Showing 10261 to 10290
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers