Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Die Plek van Verlatenis is 'n absolute moet, dit het die ver ry die moeite werd gemaak, absoluut asemrowend."
"Ons het vreeslik lekker gekuier in die mooi dorpie, mooie winkels en 'n baie oulike bush pub wat in 'n baie mooi omgewing geleë is op 'n plaas met net sulke vriendelike eienaars."
"Carnarvon is 'n goeie keuse vir oorslaap. Dis 'n stil dorp en het n groot Spar as mens iets nodig het."
"Prins Albert is 'n ongelooflike mooi plek en skoon. So baie om te sien en doen. "
"Beaufort het alles wat mens nodig het, vir 'n langnaweek is dit 'n lekker wegbreek bestemming. Karoo Nasionale Park is 'n groot aanwins vir die dorp."
"Quaint, old charming Karoo town, with lots of history and beautifully restored homes and buildings. The theatre is great, we did attend a show, which we thoroughly enjoyed. We so enjoyed the wild flowers in the surrounding countryside. Spring is everywhere! "
"Prins Albert is 'n pragtige skoon dorp met mooi natuurskoon en het veral genoeg goeie eetplekke. Beslis 'n besoek werd."
"Hierdie bly maar net 'n mooi dorp en natuurlik maak die pragtige kerk dat ek weer en weer wil terugkeer. "
"Die hele dorp is epies. Daar is baie om te doen en te sien en te proe en te leer!"