Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11431 reviews.
"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"
"Daar is pragtige plekke om te besoek. Reinet Huis is 'n museum op sy eie en die vetplantversameling by Obesa is om van te droom."
"Al ons vriende wat al daar was, het dit baie sterk aanbeveel en so sal ons ook doen. Baie dankie."
"Daar is heelwat blyplek en natuurlik die Gariep Forever Resort. Daar is ook 'n pragtige hotel wat uitkyk oor die dam met baie bekostigbare ontbyt. "
"Gariepdam is 'n pragtige plekkie met genoeg te doen vir enige watersportliefhebber. 'n Rit oor die damwal is natuurlik 'n moet-doen. Die area rondom die dam met uitsigpunte is goed versorg en geriewe netjies. Ons het aandete by "Tjailatyd" geniet en hulle hoef geensins terug te staan vir 'n stadsrestaurant nie. Besoek gerus hierdie oulike dorpie. "
"Die perkfekte oornag dorp. Dorp was mooi skoon en mense vreeslik vriendlik. As jy hou van rustig wees en die natuur bewonder sal mens maklik vir 'n week hier kan vertoef!"
"Prins Albert is 'n pragtige dorpie en almal behoort dit te besoek. Ek sal weer gaan maar seker maak dit is oor 'n naweek wanneer daar 'n goeie produksie by die pragtige teater is."
"Absoluut die moeite werd om te besoek. Heerlike restaurante, wynplase, olyfplase ... 'n juweeltjie in die Groot Karoo!"
"Die toeriste bedryf moet sterk steun op die infrastruktuur van die dorp."
"Dis 'n absolute wonderlike plattelandse dorpie en beslis net die regte medisyne vir 'n uitgeputte stadsiel. Ek gaan beslis in die toekoms ten miste een keer per jaar in Prins Albert gaan uitspan. "
"Baie vriendelike mense ontmoet wat graag gehelp het waar nodig was. Heerlike kos ook gekoop."