Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Bietjie besig na my sin om langer as een dag te spandeer. Maar ʼn goeie halfweg-stop. Met heerlike Pizza by Allards Bistro."
"In die verlede kon mens 'n dagpermit kry na die Gariep-oord, maar dit is nou nie meer moontlik. Dit beteken dat die dam nie meer toeganglik is. Natuurlik kan 'n mens na die damwal ry wat altyd spesiaal voel. Ek twyfel of ons langer as een aand in Gariep sou bly tensy ons in die oord bly."
"Spur se diens is swak, vat lank en die bediener check nie altyd of die kliënte OK is nie. Manager vol verskonings, het toe by die skaaprestaurant geëet en dit was die beste kos ooit."
"Carnarvon nie vir my die veiligste plek nie maar Osfontein 'n paar km's uit die dorp en rustigheid en veiligheid vanself."
"Baie rustige, landelike lewe vir oornag met boerdery-aktiwiteite is baie waardevol. Staproetes sal 'n groot bydrae lewer."
"Nie veel om te doen in die dorp self nie. Maar om te oornag, niks verkeerd nie. Great plek."
"My ervaring is baie positief, veral na 'n lang reis. 'n Mens kan stil raak en rus. Oorslaap en kort vakansie sal werk, maar vir langer verblyf is daar nie veel om te doen vir 'n gesin nie."