Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Die dorp is definitief baie skoner as toe ons in 2019 daar deurgery het. Strate is skoon, min bedelaars op straat (hoop hulle het vir hulle skuilings gereël). Sal graag volgende keer bietjie langer wil bly en weer die dorp deurkruis en by die museum aangaan en 'n paar van die nuwe restaurante wil probeer. Daar was beslis effense vooruitgang die afgelope 2 jaar in die dorp."
"Die dorp het al ons verwagtinge oortref met kuierplekke, besonderse kunsgalerye en gawe inwoners."
"'n Pragtige, landelike dorpie met sy eiesoortige boustyl. Ons het heerlik uitgeëet by The Rude Chef."
"Nieu-Bethesda is vol verrassende geskiedenis en plekke, veral eetplekke. Die groot attraksie is natuurlik Helen Martins se Uijlenes. Daar is heelwat kunsgalerye en selfs 'n boekwinkel. Die padstal by die ingang van die dorp is beslis n besoek werd (en om kerrie-afval op mieliegruis te eet). Ontdek die dorp op voet en loop by die bierbrouery in om 'n koue bier weg te slaan."
"Ongelukkig is die Karoo vir meeste reisigers slegs 'n oorslaapgeleentheid, wens ons kon langer kuier veral deesdae met die verskeidenheid van akkommodasie van sakpas tot luuks op dorpies en plase beskikbaar."
"Ons het net een nag oorgeslaap. Baie vriendelike mense. Veilige omgewing. Inwoners is baie behulpsaam."
"Beaufort-Wes in opsig self is nie 'n fantastiese toerismebestemming nie. Die dorp is duidelik onder swak munisipale bestuur. Baie boemelaars en hawelose mense op straat wat lastig is. Daar is wel uitstekende gastehuise en oornagplekke wat handig is vir 'n lang reis Kaap toe."
"Om te gaan rus definitief 'n moet, maar met kinders sal dit nie werk nie. Maar dit was 'n belewenis."
"It's off the beaten track but really worth visiting the area!"
"Charming, quiet little Karoo town. The Dusty Vine definitely made our stay."
"I love the wide-open places in the Karoo. Of course, at this time of year one is also spoiled by the spring flowers - unexpected swathes of purple, yellow or white as one drives through. We also appreciate the fact that there is most often very little traffic on the roads - some areas one has to watch out for potholes but over all the drive is a pleasure. We never seem to take the time to stay longer and this is on my bucket list."
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en die rustigheid wat net die platteland kan bied."
"Sou graag in ʼn moderne huis wou bly. Lyk my almal is gaande oor die outentiekheid van die dorp en verblyf, ek waardeer die geskiedenis, maar het groot geword in die ou huisies. Nie my gunstelingverblyf nie."
"The town has not much in terms of buying supplies. What is available is very basic. The town people are friendly though and offer lovely service."
"Gariep is the getaway for everyone. We were a touring group of 10 and enjoyed the area and view the awesome dam. Place is clean and we felt very save in Gariep."