Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.

Gariepdam, Karoo

De Lance Chalets

"Pragtige en rustige omgewing."

Beaufort-Wes, Karoo

Uitzicht

"Was te moeg vir enige iets anders as net oorgeslaap. Die Spur was maar n bietjie aan die treurige kant en niks speelplek vir kinders nie."

Beaufort-Wes, Karoo

Die Nessie

"A good overnight stop on the route between Johannesburg and Cape Town."

Prins Albert, Karoo

Casa Milorca

"Absolutely beautiful and safe. The cleanest town in South Africa. Exquisite food."

Britstown, Karoo

Elsa's @ 27

"Mense besef nie hoe baie daar is om te doen en sien in en om Britstown nie - die dorp is eintlik 'n juweel waar mens gerus meer tyd kan deurbring."

Merweville, Karoo

Die Ou Winkeltjie

"Pragtige dorpie so in die kom van die berge, gasvrye mense in die dorp, pragtige natuur, het die verblyf regtig baie geniet. Dankie Merweville , doen so voort."

De Rust, Karoo

Die Huisie

"Lovely little town."

De Rust, Karoo

Kabbelrus

"'n Pragtige dorp met vriendelike mense, ons het lekker gekuier by 'The grumpy goat' en Cafe Rust"

Graaff-Reinet, Karoo

Karoo Vine Cottages

"Loved the town, so much history and beautifully kept old Victorian homes. Valley of Desolation is breathtakingly beautiful."

Loxton, Karoo

Jakhalsdans Karoo Guest House, Farmstay and Safaris

"Loxton is een van die min versteekte juwele ten opsigte van plattelandse dorpe wat nog oor is in ons land. Die dorpie en sy inwoners wil 'n mens keer op keer laat terugkeer."

Victoria-Wes, Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"'n Tipiese vervalle klein dorpie met vriendelike mense."

Gariepdam, Karoo

Gariep N1 Chalets

"Baie vriendelike, oop mense. Ek geniet dit elke keer as ek uit Gauteng is."

Karoo

Biesieslaagte Guest Farm

"Mooi en vol stilte, pragtige natuurskoon en veilig."

Graaff-Reinet, Karoo

Rietjiesbos

"Nie besef hoeveel daar is om te geniet en te sien nie."

Richmond, Karoo

Ka Ma Lodge

"Min opsies vir restaurante. Bedelaars is 'n probleem."

Carnarvon, Karoo

Oom Fasie se Plasie

"Sein is al probleem wat daar was, maar dit was maar ons ondervinding orals in Namakwaland."

Springfontein, Karoo

Springfontein Guest House

"Lekker stop om oor te slaap van Wes-Kaap na Gauteng."

Karoo

Travalia Guest Farm

"Beautiful with the warmest people you will ever find."

Beaufort-Wes, Karoo

@ Mango's

"Dit hang af van mens se belangstellings, maar ek dink dat mens lekker daar kan kuier."

Prins Albert, Karoo

Swartberg Cottages

"Dit is werklik die die skoonste en pragtigtse dorpie in die land."

Steytlerville, Karoo

8-on-weitz

"Steytlerville is 'n baie netjiese Karoo-dorp wat regtig aanbeveel kan word vir enige iemand wat die Karoo wil verken. Nie al die Karoo-dorpe in die omgewing kan van dieselfde skoonheid getuig nie. Die dorpsgebied van Steytlerville is netjies en goeie onderhoud is sigbaar. Die Karoo-huise bied welkome bekorings om te sien. Die sonsondergangtonele en pienk-lug-bekoring is asemrowend. Daar is verskeie goed om te beleef en te doen. Daar is ook oulike eetplekke. Die Royal Hotel bied 'n goeie lafenis en goeie spyskaart. As jy lief is vir foto's neem en veral geboue is Steytlerville 'n moet op jou reiskaart. Hier kan jy Karoo-mooiheid beleef. Dit is ook 'n aanbeveling om die grondpad na Mount Stewart te neem en die draai-rotsformasies te beleef."

Karoo

Karoo Stilte

"Clean and friendly."

Venterstad, Karoo

Driekwartblou Gastehuis en Venue

"There is not much to see or do in Venterstad, but we enjoyed the guest house tremedously. It was a good stop on our way to the EC."

Hanover, Karoo

Trappieskop

"Hanover is 'n oorblyfsel van 'n baie ou wêreld. Die kerk is beslis die moeitewerd met sy besonderse boustyl en houtwerk aan die binnekant. Hanover het die mooiste huise en fotoneem-paradys met sonsopkoms. Draai beslis af vir die bekoring vanaf die N1."

Prins Albert, Karoo

Lavenders

"Dit sal lekker wees as winkels en galerye bietjie later oop kan wees veral op 'n Vrydag wanneer so baie mense die dorpie besoek. Dankie dat alle besighede werklik moeite doen (veral die restaurante) om gedurende die kragonderbreking oop te wees en dat mens steeds heerlik kon gaan uiteet."

Colesberg, Karoo

Chrizaan Guest House

"Gerieflik om te oornag."

Williston, Karoo

Ark Gastehuis and B&B

"'n Ligpunt van ons verblyf op Williston was die wonderlike restaurant, Manna, waar ons aandete en ontbyt geniet het. Die diens is briljant, die kos heerlik en Nisi het ons soos goud behandel. Die restaurant is een van die beste plattelandse plekkies wat ons al ooit op afgekom het, 'n versteekte juweel."

Victoria-Wes, Karoo

Rest-A-While

"Ons het altyd maar verbygery deur Victoria-Wes, sal nou meer gereeld daar oornag."

Richmond, Karoo

Perdehoef Gastehuis

"Richmond is 'n volronde en interessante plek. Definitief die stop en oorbly werd. Sal volgende keer langer oorbly."

Blad
Blad 86 - Wys 2551 tot 2580