Verified Reviews
Kimberley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kimberley
Rated 3.9 out of 5 based on 566 reviews.
"Oor die algemeen was die mense vriendelik gewees. By die Groot Gat was die mense baie hulpvaardig en vriendelik gewees. Hulle is oop op naweke en vakansiedae. Die Tram rit was ook 'n groot aantrekking vir my jong kinders gewees. Sal weer teruggaan om die Koi-san tekeninge te gaan sien en ander besienswaardighede."
"Gerieflik naby aan die Groot Gat en redelik naby aan paaie wat na ander toeriste-besienswaardighede lei."
"Kimberley het die mooiste geskiedkundige plekke. Definitief 'n moet om te gaan besigtig."
"Die Gat is 'n moet. Magersfontein is 'n baie interresante en geskiedkundige ervaring. Kan Kimberley beslis aanbeveel. McGreggor Museum is baie leersaam. "
"Ons het vir twee jaar in Kimberley gewoon en gewerk, baie verbeterings is gemaak en ons was verbaas oor al die nuwe winkels en die Horseshoe Inn."
"Goed geleë. Naby als, daar is baie om te sien. Ons het 'n hele oggend by die 'groot gat' en myndorpie spandeer. Lekker daar geëet en baie fotos geneem. Die flaminke by Kamferdam is 'n belewenis. Gesukkel om van die plekke te kry. Van die GPS koordinate op Kimberley toeristekaart is verkeerd."
"Die dorp is baie mooi skoon en netjies en bied baie besienswaardighede."
"Nice and quiet area and close to all the shops. Unfortunately we didn't have time to do more driving around, but will definitely stay there again when I go to Kimberley."