Verified Reviews
Kimberley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kimberley
Rated 3.9 out of 5 based on 566 reviews.
"Die idee is net vir oorslaap.'n Punt vanwaar 'n mens uitgaan na ander besienswaardighede. Daar is verder nie iets te doen by Lindene nie."
"Sou baie graag langer wou bly om al die museums te sien, was darem by Magersfontein baie mooi gewees."
"Ons het 'n wondelike uitstappie na die Groot Gat gehad. Baie om te sien. Sal volgende keer langer moet bly om die museums en ander besienswaardighede te besoek."
"Die dorp was ongelooflik besig en ons moes lang tye by robotte wag. Die strate is vuil en ek het gedurig onveilig gevoel. Kimberley se groot gat en dorpie was indrukwekkend, maar die dorp het my nie beïndruk nie"
"Maak seker dat julle die Kimberley se gat besoek. Doen die toer en gaan by die mynskag af."
"Lovely parks and well-maintained tourist sights in the area. Very quiet and peaceful and the area feels very safe to be able to walk around in the evenings."
"Die Gat is interressant om te besoek. Die area rondom die Gat kort skoonmaak deur die munisipaliteit. Magersfontein is ook interressant om te besoek."
"Ons het dit geniet om terug te gaan na 'n era waar diamante ongelooflike rykdom gebring het."
"Ideaal en sentraal om verskeie museums in Kimberley te besigtig. Die woongebied is ook naby Kimberley se gat en daar is ook 'n paar groot winkelsentrums naby. "
"Netjies buurt en eiendomme is goes versorg. Voel gemaklik om daar te reis en geensins indruk gekry dat die buurt onveilig kan wees nie."
"Great value for your money. Should really give it a try. You won't be disappointed."
"It was my first time in Kimberly and I loved everything about it. People are so sweet and friendly. I felt at home and at peace. "
"Die skoon strate het ons heel eerste opgeval, daarna die skoon en netjiese parke met gras wat gesny is en vriendelike behulpsame mense oral. "
"Groot Gat is iets om te besoek. Geskiedenis is goed bewaar en sekuriteit is goed."
"Soos meeste dorpe het Kimberley bietjie agteruitgegaan en toerisme miskien nie so hoog op die lys van hulle prioriteite nie. "
"Kimberley itself need to jack up - the signage is terrible and the town looks run down. The Big Hole is well done but not easy to find, particularly the parking. The exhibit itself is well done but could give so much more."