Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1904 resensies.
"Die dorp is skoon en netjies. Die inwoners is baie vriendelik en behulpsaam, maar ons wonder hoekom daar nie na-ure gewone eetplekkies is nie, dit kan ook die toeristebestemming se sterre bietjie opstoot. Kos is noodsaaklike kommoditeit. Die droë vrugte is natuurlik 'n bonus."
"The caves were great, even though the tours are shorter now because of Covid. Oudtshoorn has the full range of shopping convenience that city-dwellers are used to, but besides the caves and ostriches it's fairly dull."
"Skoon, netjies, veilig en skilderagtig mooi, beslis een mooiste dorpe in ons land."
"Die toeristebedryf het baie skade gely met Covid. As ons die plekke wil laat voortbestaan gaan ons plaaslik moet ondersteun. Pragtige ou huise en geboue."
"De Rust is 'n lieflike pragtige Karoodorpie met 'n paar oulike snuffel-winkeltjies. Ray's is 'n prima koffiewinkel wat ook heerlike ontbyt en ligte etes bedien. Die Grumpy Goat is gesellige kroegie waar daar lekker saam met die vriendelike locals gekuier word, die eienaars bedien lekker pizza en hamburgers ook daar. Die omliggende Meiringspoort asemrowende mooi natuurskone berge, klowe en riviertjies."
"This is a quaint village with typical rustic little Karoo charm. Well worth a visit or stop-over."
"Om weer kerkklokke te kon hoor op ’n Sondagoggend was inspirerend en salig."
"Eerste besoek aan die dorp. Baie skoon ruim pad en wonderlike natuurtonele. Beslis 'n plek waar'n mens langer kan bly as net oorslaap."
"Baie goeie toeristebestemming, mooi natuur tonele, berge, interessante winkeltjies en lekker eetplekke."
"Ons is baie beïndruk met die dorp, skoon, lewendig, pragtige winkels, koffie en eetplekke en die vrugte- en wynverkope! Ons sal Montagu beslis weer besoek!"
"The Guano Cave Resort was fantastic to visit for the day, but other than that it's pretty much only farm stalls to look at and the village market is tiny."
"It was a bit disappointing to see how some parts of the town have deteriorated since I was in the army there in 1983, but it is generally a very interesting place, with lots to do in the area and surrounds eg Swartberg Pass, Cango Caves and ostrich farms."