Geverifieerde Resensie
Kleinmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 302 resensies.
"Ons het hier kom aftree, so ek kan Kleinmond beslis aanbeveel. Die dorp het alles wat jy nodig het."
"Quaint and beautiful, I want to bring all my friends and family back to explore."
"Lekker vakansiedorp, met baie aktiwiteite. In die aande word die strate opgerol en gebêre by die petrolstasie en straatlampe word doodgeblaas."
"Goeie SPAR winkel. Boekwinkel (Oupa se Boekwinkel) langs die slaghuis is aan te bevele. Volop plek om te stap. Asemrowende plantegroei."
"Kleinmond is skoon en netjies. 'n Mens voel sommer veilig. Openbare geriewe by strandmeer in goeie toestand. Mense is gasvry en jy word orals gegroet. 'n Veertjie in die hoed vir die Overberg Munisipaliteit."
"Behalwe vir die hawe is dit maar stil met min opsies. Lekker vir 'n dagrit eerder as oorslaap."
"Great little town that opened it's arms to us motorcycle enthusiasts for the weekend. Restaurants are just superb and the little pubs so friendly and welcoming."
"Ons is mal oor Kleinmond en kuier al vir die afgelope 36 jaar daar! Daar is baie vir toeriste om te sien en te ervaar."
"Kleinmond is 'n pragtige plattelandse dorp, het goeie eetplekke en die mense is baie vriendelik. Die strand en lagoon is fantasties mooi."
"Na hierdie jaar se besoek is ek minder positief oor Kleinmond. Die wind het knaend elke dag gewaai en meeste dae baie sterk. Ek is 'n fietsryer en het 'n fiets saamgeneem, maar die wind het my fietsryery baie belemmer."