Geverifieerde Resensie
Kleinmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 310 resensies.
"Quaint and beautiful, I want to bring all my friends and family back to explore."
"Lekker vakansiedorp, met baie aktiwiteite. In die aande word die strate opgerol en gebêre by die petrolstasie en straatlampe word doodgeblaas."
"Goeie SPAR winkel. Boekwinkel (Oupa se Boekwinkel) langs die slaghuis is aan te bevele. Volop plek om te stap. Asemrowende plantegroei."
"Kleinmond is skoon en netjies. 'n Mens voel sommer veilig. Openbare geriewe by strandmeer in goeie toestand. Mense is gasvry en jy word orals gegroet. 'n Veertjie in die hoed vir die Overberg Munisipaliteit."
"Great little town that opened it's arms to us motorcycle enthusiasts for the weekend. Restaurants are just superb and the little pubs so friendly and welcoming."
"Ons is mal oor Kleinmond en kuier al vir die afgelope 36 jaar daar! Daar is baie vir toeriste om te sien en te ervaar."
"Kleinmond is 'n pragtige plattelandse dorp, het goeie eetplekke en die mense is baie vriendelik. Die strand en lagoon is fantasties mooi."
"Na hierdie jaar se besoek is ek minder positief oor Kleinmond. Die wind het knaend elke dag gewaai en meeste dae baie sterk. Ek is 'n fietsryer en het 'n fiets saamgeneem, maar die wind het my fietsryery baie belemmer."
"Het 'n lang verbintenis met Kleinmond ─ vriendelike mense, altyd plek vir nog, heerlike weer. Ervaar die mooie natuur en net nog een van ons mooi land se pragtige kusstreke. Naby die stad en 'n besoek aan die omliggende dorpe is baie gemaklik binne 'n bestek van 20 tot 45 minute is jy waar jy wil wees. Daar is soveel besienswaardighede in die omgewing. Waarde vir geld, nee wat regtig 'n plek om te gaan vakansiehou."