Geverifieerde Resensie
Kruger National Park South
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2012 resensies.
"Ons het nie juis die suidelike gedeelte besoek nie. Die verste suid wat ons was was Skukuza. Ons kon nie verblyf in die suidelike gedeelte van die park kry nie, maar jare gelede het ek in Biyamiti (privaat kamp) asook Onder Sabie, Pretoriuskop en Berg-en-dal gebly en het dit baie geniet. Berg-en-Dal was nou nie juis my gunsteling kamp nie, maar die ander kampe was aan te bevele. Daar is natuurlik meer water in die suidelike gedeelte van die park as wat daar tans in die noorde is. Weiding was daar baie skraps en dit was veral opmerklik by die buffels wat brandmaer en letterlik doelloos met groot moeite rondgeloop het."
"Te besig, voel soos N1 tussen Johannesburg en Pretoria. Sal eerder minder diere sien in ruil vir stilte."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Phumangeni Marloth Park"Vir mense wat lief is vir die natuur en die wilde diere is dit die regte plek om te besoek. Selfs met die droogte het ons baie wild gesien in die park self. Die nodigste items is beskikbaar in die klein winkeltjies. Daar is eetplekkies vir dié wat nie van 'n bos-braai hou nie. Marloth Park self is skoon en die mense van die omgewing vriendelik. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Buffalo Chalets Marloth Park"Marloth Park se mense is baie vriendelik en ons sal enige tyd weer by Marloth Park uitspan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Wildsbokkie Holiday Home"Op die oomblik is dit maar baie droog in Marloth Park, maar dit bly nog 'n baie lekker plek om te gaan uitrus en kuier. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Die Hartbeeshuisie"Die paaie is op plekke amper onbegaanbaar. Marloth Park moet aandag hieraan gee."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Jackalberry Ridge - Dream Resorts"Puik toeristebestemming. Rustig en kan lekker uitrus. Die mak diere wat vry loop skep ongelooflike atmosfeer. Genoeg winkeltjies in Marloth Park om al die nodigste goedjies te koop."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Die Hartbeeshuisie"Marloth Park is 'n lekker rustige park waar jy kan rondry en diere besigtig. Al wat ons kan voorstel: die winkels is te duur, en goedkoper produkte sal dit die moeite werd maak as 'n gesin inkopies wil doen. Verder is almal baie vriendelik en daar is van alles beskikbaar, net te duur. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis"Dis hartseer dat dit tans so droog is oral, maar hopelik sal ons gou reën kry. Marloth is aangenaam en lekker om net te ontspan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"Net die ontsettende droogte - maar daaraan kan ons as mense niks doen nie!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Koekoek Guesthouse"Ongelooflike plek! Lekker om so naby die natuur te wees, om te kan gaan stap en so naby die diere te kan kom. As jy nog nooit in Marloth was nie, maak 'n plan. Dit is 'n stukkie hemel op aarde."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation"Ons was al saam met ons dogter en haar man in Jakkelberry wat hulle Maart/Okt gebruik. Die blyplek bestaan uit 'n tent en gebou wat verskaf word. Ons sal Marloth oor die algemeen aanbeveel. Ons voel dat daar altyd ruimte is om te verbeter, dus die 4 ster (nader aan 'n 5 ster)."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Walking Tall Private Bush Retreat"Die konstante toeloop van mense in die park as gevolg van die verskeie bouprojekte moet 'n sekuriteitrisiko wees, en die sekuriteitsbeheer by die hekke is nie voldoende om die toeloop te beheer nie."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
South Post at Kruger"Die paaie is eintlik nie geskik vir gewone motors nie. Dis baie lekker om langs die rivier te kan stap en ook te kan ry."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Oppidraai"Alhoewel Marloth gebuk gaan onder droogte en oorbeweiding is die atmosfeer daar altyd idillies."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Wildsbokkie Holiday Home"Fantastiese plek om vakansie te hou - naby genoeg aan die wildtuin, en 'n 'wildtuin' self - meeste diere kan gesien word langs die Krokodilrivier. Heerlike gasvrye gebied en relatief veilig."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Buffalo Chalets Marloth Park"Marloth Park is 'n puik vakansiebestemming, maar die plaaslike winkels is belaglik duur. Alhoewel mens hulle graag sou wou ondersteun, het ek eerder gery na die SPAR op Komatipoort 17 km daarvandaan."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Kudu Lodge"Sal definitief weer by Marloth Park kom bly. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Hornbill's Nest Tree Top chalets"I have been visiting Marloth Park since 2009 and it is a place that you don't get enough of because of the nature."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis"Ek dink Marloth Park is 'n veel beter opsie vir verblyf as binne in die Kruger self. "
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
My Bushhouse (Bayt AlGhaba)"Stil en rustig en lekker om die diere so by jou te sien verbystap."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Nextdoor Kruger"Ons dink dis 'n belewenis om die diere so naby aan die huis te kon sien en dat ons ook 'n bydrae met voer kon maak en sien hoe die diere dit geniet. Dit was 'n heerlike warm naweek al was dit einde Junie. Dankie vir julle flink en vriendelike diens Lekkeslaap!"
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
Fever Tree"Bekostigbare oornagverblyf vir besoeke aan die Wildtuin."
Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid
3875 Eagle"As 'n mens nie wildtuin toe wil ry nie is daar baie te sien langs die Olifantsrivier of net om deur die park te ry en die diere te besigtig."