Pick your preferred language

English

Afrikaans

Geverifieerde Resensie

Kruger National Park South

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2021 resensies.

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Big Tuskers Bush Camp

"Ek is gaande oor Marloth Park. Die rustigheid weg van die stadsgejaag is kos vir my siel. "

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Kruger Cottage

"Huisies is mooi onderhou en nie op mekaar nie. Die Krokodilrivier loop al langs die park en mense kan vir kms loop of ry en altyd iets by die water sien. Mense is vriendelik en vertel graag wat hulle gesien het en waar."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Die Hartbeeshuisie

"Die ideale wegbreek. So na aan die natuur."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

South Post at Kruger

"The area is well kept and so clean. The houses are quite unobtrusive and blend in with the bush. A path along the fence makes for an easy walk and you get the chance of spotting animals across the river. "

Nasionale Krugerwildtuin Suid

Crocodile Bridge Safari Lodge

"Alhoewel die suidelike deel van die Wildtuin baie droog op die oomblik is, is daar die bykomende voordeel dat die roofdiere nou fees vier. Tyd in die natuur bly altyd wonderlik."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Oppidraai

"Pragtig! En die mak diere wat kom groet het, was 'n groot bederf!"

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Die Hartbeeshuisie

"Sekere dele kan 'n mens sien het agteruit gegaan."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Serenity Du Bois Lodge

"Is besig om ons eie stukkie van die bosveld daar te kry. Sal graag eendag daar wil aftree."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Peace of Marloth

"Marloth is and will always be the best place to go and relax."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Kudu Lodge

"Pragtige omgewing met genoeg dierelewe (klein en groot) om kind en ouer vir lank besig te hou. Die stilte en rustigheid van die omgewing laat jou toe om te ontspan, en wildlewe vanaf jou voorstoep af te geniet."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Peace of Marloth

"'n Juweel vir ons land met baie potensiaal."

Nasionale Krugerwildtuin Suid

Buckler’s Africa Lodge

"Omdat ons op die rivier geleë is het ons het baie diere vanaf Buckler's Africa besigtig en het nie eens gevoel om die Krugerwildtuin te besoek nie."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Kudu Lodge

"Ons boek elke keer by Marloth en dis fantasties."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

3875 Eagle

"Sal dit aanbeveel vir enige een wat 'n stukkie van die bos se wow wil ervaar."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

My Bushhouse (Bayt AlGhaba)

"Asemrowend, 'n belewenis wat ek nooit sal vergeet nie."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

South Post at Kruger

"Dis baie beter om in Marloth Park by die Krokodilrivier teen die rivier te sit as om in die wildtuin rond te ry.... Mens sien veel meer diere... Ons het elke dag leeus gesien. "

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Die Hartbeeshuisie

"Hierdie is 'n eiesoortige gemeenskap. Die mense is baie vriendelik en doen regtig moeite om die noodsaaklikste items beskikbaar te he vir die besoekers. Ek het die klein tuisnywerhede geniet en die mense doen moeite met die produkte wat voorsien word en dit is vars. Oor die algemeen moet mens besef Marloth Park se hoofdoel is bewaring en rustigheid."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Les 3 Marulas

"Puik! Ek het vriendelike diens gekry van die hek tot by die huis!"

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Live-A-Little

"Baie rustig tussen al die wild. Langs die wildtuin draad was baie te sien. Dankie."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Die Hartbeeshuisie

"Die hek beheer moet aandag geniet deur besoekende inwoners met verblyfdatums en woning nr op 'n windskerm plakker te verskaf. Die hek sekuriteit weet nie wie is wie nie. Een sekuriteitwag het ons gevra of ons al hier was toe ons van ons dag se uitstappie af terugkom. Tydens ons rit teen die grensdraad aan die Kruger se kant het ek opgemerk dat die draad redelik hoog van die grond is. Ja die onderste draad is elektries maar werk hy? As een van die katte daar moet deurkruip het Marloth Park moeilikheid. "

Nasionale Krugerwildtuin Suid

Elephant Walk Retreat

"Mens sien die Groot 5 hier feitlik daagliks. Paaie in baie goeie toestand en personeel vriendelik."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Doringpoort: Lemoentjiedoring 1621 Self-catering Accommodation

"Baie stil en rustig, heelwat wild te sien en by winkels alle noodsaaklikhede verkrygbaar. "

Blad
Blad 65 - Wys 1921 tot 1950

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang