Verified Reviews
Kruger To Canyons
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kruger To Canyons
Rated 4.4 out of 5 based on 1087 reviews.
"Terrible potholes in and around Sabie, Graskop, Pilgrims Rest. Tourist information in town was closed over the weekend. Many stores and establishments closed down in Graskop, Sabie and other surrounding towns. Roads and Towns neglected but all expected as a result of the pandemic. The accommodation more than made up for all of this."
"Graskop is sentraal geleë om al die besienswaardhede soos 3 rondawels, Abel Erasmuspas, watervalle, God's Window en kolkgate te gaan besigtig."
"Paaie in dorp in swak toestand veral as dit in 2012-dorp van die jaar was."
"Sabie is afhanklik van die toeriste bedryf en siende dit nou so beperk is, is dit belangrik dat ons binne ons eie grense reis en hierdie tipe dorpies ondersteun. Die personeel by al die plekke waar ons was, was baie vriendelik en ook besorg oor jou veiligheid so praat met hulle en neem hulle advies dit kan jou jou hele ondervinding verander. Die Sabie Brewery se kos is fantasties, pryse is goed en hulle personeel ook! Die paaie kort aandag so hou jou oe oop en probeer om nie in die nag te bestuur nie die mis kan baie erg wees. The Elephant restaurant se kos was ook lieflik en pryse goed."
"Geen straatligte in die nag nie en dit kan uiters bedreigend vir 'n stadsjapie wees."
"Die natuur is pragtig! Jammer die dorpie het so agteruitgegaan en die paaie kort aandag."
"Die adrenalienjunkies het hier verskeie opsies en die rustiger natuurliefhebber besoek 'n ware paradys."
"Gaan gooi eerder brandstof by die Caltex vulstasie as by die Engen vulstasie. Toe ons wou brandstof gooi moes ons lank wag vir iemand om ons te kom help. Die plek was glad nie besig nie, maar niemand wou uitkom om ons te bedien nie. Ek en twee ander voertuie het later maar gery na die Caltex stasie toe vir brandstof."
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Baie sentraal om na al die wonderlike besienswaardighede te gaan kyk en terug te kom vir die aand. Kan nie wag om weer daarheen te gaan nie. Die mense is ook baie vriendelik."
"Sabie is nie meer n mooi dorp nie. Vuil en baie slaggate. Tekort aan buitelandse toerisme het die dorpie ’n knou gegee. Die dorp word nie meer onderhou nie."
"Honestly Graskop is an exciting extreme sport from driving and other activities. It's a great site to see. It gives you life again."
"Die dorp self is baie klein, maar jy kan darem die nodigste kos daar kry. Die 2 restaurante wat ons besoek het in die omgewing was fantasties en sal dit vir enige besoeker aanbeveel."
"Graskop is the ideal location if you're looking to see all the sights in the area. It is central to most attractions. About 40 minutes to the Three Rondavels, with a lot to see along the way. A similar distance to Sabie with a range of waterfalls to see. Graskop Gorge Lift is definitely worth a visit. Tip: Don't trust your Google Maps to get you to all the waterfalls, I'd recommend a GPS or an actual map as a backup. We were taken on some pretty rough backroads that weren't necessary at all! Tip: Watch out for speeding - traffic police are very active in the area."
"Kan sien dat geen opgradering in Sabie gedoen is vir geruime tyd. Pad tussen Sabie en Hazyview is 'n nagmerrie vol slaggate. Die pad is die enigste een in die omgewing wat na al die ander besienswaardighede soos byvoorbeeld Graskop Gorge, Pelgrimsrus ens. lei."
Hazyview-Vakansiedorp, Kruger To Canyons
Tatenda Guesthouse"Naby die Krugerwildtuin en het baie lekker restaurante om van te kies."