Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6834 reviews.
"Ons was net by die winkels vir kos en verder by die woonstel, so ek kan nie iets sê van toerismebestemming nie."
"Dis 'n pragtige omgewing en inwoners is baie vriendelik. Baie en goeie restaurante. Ietwat min kruidenierswinkels en die verskeidenheid is nie baie groot nie."
"Die mense in Durban is baie baie rustig. Los jou haastigheid en ongeduld in Gauteng."
"Pragtige plek met oop strande en pragtige natuur. Sien klaar uit na ons volgende wegbreek soontoe."
"Vakansiegangers wat op die strande kuier, was baie morsig. Hulle het rommel orals gesaai, maar het van tyd tot tyd mense sien skoonmaak. Daar is mense wat omgee daar, want jy kan gereeld sien gras word gesny en skoongemaak. Die eiendom word baie mooi na omgesien ook."
"Baie vriendelike en eerlike mensies, veral by Da Laundry. Lekker plekkie om vakansie te hou."
"There are lovely beaches, golf courses, restaurants and a number of attractions in close proximity, to make for an enjoyable stay."
Northern Drakensberg, KwaZulu-Natal
The Cavern Drakensberg Resort & Spa"Loved it, with clean air, and no pollution, however, the road to get there does need work."
"Can be dangerous but if you understand the area, you will be fine. There are some stunning places to visit."
"Die kuslyn/strand is baie vol rommel na beide kante toe vanaf die hoofstrand, veral as gevolg van verlede jaar se vloed. By die twee swemareas was die kuslyn skoner, alhoewel die seewater by swemareas was sommige dae baie vuil met van die rommel wat terugspoel en weer uitspoel. Die seewater was nie so baie higiënies nie, van ons gesin het erg siek geword. Die wandelpaadjie was 'n groot pluspunt, ons kon lekker stap en het die roete elke dag baie geniet. Die restaurante by Umhlanga Sands vir die publiek is baie gerieflik en ons het dit gereeld benut. Die Oceans en Pearls Mall was ons gunsteling inkopiesentrums."
"Ballito altyd 'n gunsteling met baie goeie restaurante, skoon strande, veilig."
"St. Lucia is 'n pragtige plek - ek is jammer die krag is baie keer 'n probleem. Wat glad nie St. Lucia se fout is nie. Maar met ons bederfde samelewing kan dit toerisme vir St. Lucia kos. Dit bly een van die mooiste plekke is ons land veral Cape Vidal."