Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6601 reviews.
"Durban is 'n baie woelige hawestad en vragmotors is vervuil op alle hoofpaaie soos M7, N2, N3, ens. om goedere vanaf hawe na binneland te vervoer. Vir veiligheid, neem kennis dat die swaar vragmotors dieselfde spoed as u op die paaie handhaaf en soms op wegsteek-glipbane parkeer. So, hou by die spoedgrense, wees bedag op enige gebeurlikheid en maak seker u het 'n GPS wat werk, andersins is die kanse goed dat u in die knyp gaan beland."
"The mall was close by and easily accessible and the food we ordered in the area was good."
"Mooi deel van land. Baie natuurreservate en mooi strande. Nie regtig 'n plek vir klein kinders nie. Ook nie goeie swemstrande nie. Goeie plekke om te besoek: Canerat crafts, Cane Cutters voëlpark, krokodilplaas, Chane cheese farm, Cape Vidal en Mission Rocks."
"St Lucia was skoon en netjies en het gely onder Covid-19 en beurtkrag. Die reservaat naby Cape Vidal was amper toegegroei en was daar te min diere om te sien terwyl daar oorvloed aan kos is. Die toegangspad na St Lucia vanaf die N2 begin nou rommelig te word met allerlei herstellings langs die pad wat die pad enorm ontsier wat ernstig nadelig kan word vir St Lucia."
"Margate self se hoof strand is nie so mooi nie. Maaar, omliggende strande, Uvongo en Shelly Beach, Hibiscus en al daai is baie nice."
"So much to do, great tours, great beach. Isimangaliso Wetland Park is a hidden gem. Recommend you buy a KZN parks map book."
"Ek was verras. Baie mooi en rustig. Vir seker ’n plek om te besoek. Was wel buite seisoen."
"Dit is ’n heerlike rustige area met ’n lekker swemstrand en ’n paar lekker plekkies om te eet. Ons geniet altyd ’n vakansie in Uvongo."
"Pragtige plattelandse dorp naby aan die geskiedkundige slagvelde en Bloedrivier."
"Paaie is baie sleg, die omgewing het baie agteruit gegaan. Strate vol rommel. Gelukkig was die woonstel pragtig en die uitsig ook. Dit het opgemaak."
"Ek het gaan skuba in Umkomaas. Dit was 'n ervaring, die haaie was so volop soos die impala in die Kruger. Water was bietjie koel al was dit al einde Oktober, maar dit was bietjie onweer."
"Die dorp is baie besig en het nie genoeg geriewe naby nie. Shelly Beach is darem naby, daar is ook ' n paar goeie eetplekke. "
"Umhlanga is 'n baie lekker bestemming met genoeg om te doen vir die hele familie. Son, see en die Gateway-winkelsentrum het alles en nog meer. "
"Baie lekker, veilige vakansieplek. En Cape Vidal is 'n moet as jy in St Lucia is."
"Nog steeds mooi strande en baie vriendelike mense. Boemelaars maar teenwoordig soos orals in SA. Mens voel welkom in Amanzimtoti. "
"My grandparents' home so Utrecht will always hold a special place in my heart."