Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6885 reviews.
"Durban is a very beautiful place and full of its nature, which was very nice and great to be on holiday."
"Strand nie altyd netjies en skoon nie, maar is 'n moet-sien-plek, ons het lekker gekuier en gebly. "
"In ons tyd daar was die weer maar trietsig, maar dit het ’n voordeel want ons het lekker gerus."
"Umdloti herinner ons aan daai klein, verlate eilandjies waarheen mense dikwels in flieks wegbreek vir 'n vakansie of gaan wegkruip om die stadslewe en stressors te ontglip. Dis beslis ons 2 se gunsteling-vakansiedorpie waar al wat mens nodig het 'n glasie wyn en 'n goeie boek is om op die stoep of langs die strand te sit en geniet. Ons het hierdie keer vir die eerste keer die pragtige inheemse bos waar mens kan gaan stap ontdek - reg langs Spindrift-gastehuis waar ons gebly het. Beslis 'n groot gunsteling wat ons in die toekoms weer en weer sal teruglok hierheen."
"Ons was teleurgestel met die dorp in die algemeen, die infrastruktuur en netheid van hoofstrand laat veel te wense oor. Rommel word duidelik nie opgetel of verwyder nie. Ons het meer as een asblik omgekeer gevind. Daar is verskeie rondloperkatte te sien. Ons het ook 'n paar keer onveilig gevoel en liewer die strand verlaat. Dit wil voorkom of die munisipale strand as oornagplek deur rondlopers gebruik word, en ons is aangeraai om nie na donker op die strand te gaan nie. Die verval is ook dan seker maar tekenend van toestande elders in land, maar mens sou verwag dat die owerhede in die gebied 'n bietjie ekstra sal doen om die kwynende toerisme te red."
"Natuurskoon is pragtig, vriendelike mense, rustig, natuurbewaring is op hul prioriteitslys, voël- en wildleweparadys. Strand is skoon, oop en die see is pragtig. Soms speel dolfyne en walvisse in die water, apies kom groet jou by die huis. Daar is wel 'n klein, lokale kruidenierswinkel, maar vir die shopaholic is MacBananas in Port Edward of Shelley Beach winkelsentrum 'n beter opsie. Kan Trafalgar in Southbroom omgewing definitief aanbeveel en sal beslis weer daar gaan kuier."
"Raserig. Plek (dorp) is vervalle en dit gee nie goeie indruk nie. Was beïndruk met hoe skoon dit is."
"Kingsburgh is close enough to Amanzimtoti and Durban for all your shopping needs. The part that we saw was neat and quiet. The beach was clean and nice. A nice place to visit."
"Ry maar wye draai om die dorp self. Die omgewing is iets besonders."
"Umhlanga Rocks is a great place for the restaurants, beach and the promenade walk."