Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6556 resensies.
"Soutbroom is 'n lekker toeriste bestemming. Ongelukkig is daar in die area nogal min restaurante om van te kies. Ons dink dat baie restaurante ook toegemaak is a.g.v Covid19. Andersins is dit 'n lekker stil gebied op die Suidkus."
"Umdloti is 'n oulike kusdorp. Strande is mooi en skoon en die kinders het dit baie geniet dat die woonstel reg oorkant die strand was. Sal beslis weer in Umdloti vakansie gaan hou."
"Baie wild en seekoeie in die strate in die aand. Baie vir kinders om te doen en die strande is mooi skoon en veilig."
"Strande was skoon (die kant waar ons gewoon het). Als gehad wat ons benodig het (winkel gewys). Shelley Beach was net om die draai. Baie lekker area."
"Vuil. Die strand by Winkelspruit is gevaarlik. Baie ongure karakters wat rondhang. Maar Illovo strand is veilig en word skoon gehou."
"Margate itself has declined and I don't feel safe there. The surrounding areas are still well-kept and safe. The municipality really needs to do something about the potholes which seem to be getting worse and worse every time I go there."
"We love Scottbourgh and now we've found the place we will come back to stay in each time."
"Waterberry is absoluut puik. Hops is gesellig en billik. Fianna net so lekker Strande is daar groot keuse."
"Baie jammer dat google die mond nog as oop wys maar in werklikheid het dit lankal weer toegespoel."
Noordelike Drakensberge, KwaZulu-Natal
Berghouse and Cottages"Die Royal Natal Park is 'n besonderse plek. Die uitsigte vanuit sekere verblyfplekke is ongeëwenaar. Tower of Pizza en Koffie Patch is oulike stopplekkies. Paaie is net plek-plek baie swak deur die regering instandgehou en die plaaslike mense se bokke, beeste, skape en kindertjies maak dit soms gevaarlik op die paaie. Maar dis rustig en verkwikkend mooi as mens die natuur wil geniet. Geen winkels naby, moet Bergsig of Winterton toe ry as jy iets benodig. Bring maar jou kos en meds saam. En pak warm en koel klere, 4 seisoene in een dag is nie onmoontlik nie."
"Die omgewing is asemrowend. Ons reis per motorfiets en dit was werklik pragtig. Die paaie is goed onderhou en die plaaslike mense almal vriendelik."
Midlands Meander, KwaZulu-Natal
Kusane Farm Cottages"Wat bietjie sleg was is dat die 1000 Valeie brouery en winkeltjies by CatoRidgenet oopmaak op Vrydae tot Sondae. Bietjie sleg as jy in die week oorslaap."
"Underberg is such a beautiful place to travel. The mountain's are definitely breathtaking."