Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 989 reviews.
"The town is a bit industrial but the accommodation we had was out of the industrial area. We loved the fact that it was so quiet."
"Oulike rustige dorpie, interessante winkels, lekker geëet by Isabella - kan dit beslis aanbeveel. Die strand en dorpie is skoon en netjies. "
"Daar is vir my mooier plekke nader aan Kaapstad, maar as mense 'n regte Weskus-ervaring soek, is Lamberts seker lekker!"
"Muisbosskerm Restaurant en hawe met seemeeue is beslis 'n ondervinding wat besoek moet word."
"'n Besoek aan Voel-eiland word sterk aanbeveel. Die malgas broei-kolonie is iets besonders."
"Besoek Lambertsbaai gerus tydens buiteseisoen. Dit is stil en perfek om weg te kom van 'n gejaagde lewe van die stad. Daar is baie om te sien en doen, meeste besienswaardighede is binne 60 kilometer. Die restaurant se eienaars is vriendelik en bedien die lekkerste seekos. Johan by Weskus Restaurant het ons baie welkom laat voel en Tersius by Muisbosskerm was 'n wonderlike gasheer. Maak jouself gereed vir lekker kuier met goeie kos en wyn."
"Lambertsbaai sal altyd 'n plek in my hart hê - die vriendlikheid en al sy restaurante - daar is altyd iets om te doen en hy spog met fantastiese strande."
"Geen vars vis te koop! Wat gaan aan? Die calamari by Weskuskombuis is uit die boonste rakke. Jammer so ver van Kaapstad anders was ons elke tweede aand daar. Lambertsbaai se mense is ons soort mense. Voor aanbouings 3 ster, na aanbouings gewis 4 ster."
"Pragtige plekkie om uit te span en die nog plattelandse kusdorp se vriendelikheid te geniet."
"'n Rustige wegbreek area. Jammer dat die pad na Doringbaai in so 'n swak toestand is dat ons na 'n paar kilometers moes omdraai."
"Dalk meer inligting oor eetplekke, besienswaardighede van plase in omgewing waar produkte verwerk word, en na gekyk kan word. Baie min mense het kennis van Tee-verwerking, aartappels plant, oes, ens. Visfabriek-toere / verwerking van vis. Kaart van goeie visvangplekke."
"Need to visit for longer so that more seafood can be consumed. Musibosskerm remains a great evening."
"Lambertsbaai is 'n stunning kusdorpie met soveel mooi dinge en lekker mense. Definitief die moeite werd om dit te besoek!"
"Hier sou ek graag langer wou bly. Lambertsbaai verlaag beslis jou stresvlakke, haha!"