Geverifieerde Resensie

Lamberts Bay

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 987 resensies.

Lambertsbaai

Raston Guest House

"'n Besoek aan Voel-eiland word sterk aanbeveel. Die malgas broei-kolonie is iets besonders."

Lambertsbaai

West Coast Eagle's Nest

"Besoek Lambertsbaai gerus tydens buiteseisoen. Dit is stil en perfek om weg te kom van 'n gejaagde lewe van die stad. Daar is baie om te sien en doen, meeste besienswaardighede is binne 60 kilometer. Die restaurant se eienaars is vriendelik en bedien die lekkerste seekos. Johan by Weskus Restaurant het ons baie welkom laat voel en Tersius by Muisbosskerm was 'n wonderlike gasheer. Maak jouself gereed vir lekker kuier met goeie kos en wyn."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Ons kuier in Lambertsbaai was genotvol."

Lambertsbaai

Seester Accommodation

"Lambertsbaai sal altyd 'n plek in my hart hê - die vriendlikheid en al sy restaurante - daar is altyd iets om te doen en hy spog met fantastiese strande."

Lambertsbaai

Sir Lambert's Guest House

"Beautiful spot with a relaxed atmosphere on the West Coast."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Geen vars vis te koop! Wat gaan aan? Die calamari by Weskuskombuis is uit die boonste rakke. Jammer so ver van Kaapstad anders was ons elke tweede aand daar. Lambertsbaai se mense is ons soort mense. Voor aanbouings 3 ster, na aanbouings gewis 4 ster."

Lambertsbaai

Branders Accommodation

"Pragtige plekkie om uit te span en die nog plattelandse kusdorp se vriendelikheid te geniet."

Lambertsbaai

Bougain Villa

"Die dorp moet winkel kry - veral vir selfsorgverblyf-toeriste."

Lambertsbaai

Lekke Ekke

"'n Rustige wegbreek area. Jammer dat die pad na Doringbaai in so 'n swak toestand is dat ons na 'n paar kilometers moes omdraai."

Lambertsbaai

Soli Deo Gloria

"Dalk meer inligting oor eetplekke, besienswaardighede van plase in omgewing waar produkte verwerk word, en na gekyk kan word. Baie min mense het kennis van Tee-verwerking, aartappels plant, oes, ens. Visfabriek-toere / verwerking van vis. Kaart van goeie visvangplekke."

Lambertsbaai

Sir Lambert's Guest House

"Need to visit for longer so that more seafood can be consumed. Musibosskerm remains a great evening."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Rustige dorp met baie lekker eetplekke!"

Lambertsbaai

Bay Plaza

"Pragtig!"

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

" Net 'n mooi plek."

Lambertsbaai

Bay Plaza

"Baie lekker gebly en bevat als wat mens benodig."

Lambertsbaai

Raston Guest House

"Lambertsbaai is 'n baie interessante vissersdorpie."

Lambertsbaai

Sir Lambert's Guest House

"Rustige dorpie by see."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Lambertsbaai is 'n stunning kusdorpie met soveel mooi dinge en lekker mense. Definitief die moeite werd om dit te besoek!"

Lambertsbaai

Lekke Ekke

"Plek-plek bietjie verwaarloos, veral by getypoel."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Pragtige plek met heerlike eetplekke."

Lambertsbaai

Aan't See House and Apartment

"Hier sou ek graag langer wou bly. Lambertsbaai verlaag beslis jou stresvlakke, haha!"

Lambertsbaai

Soli Deo Gloria

"Must be a beautiful town to live in permenantly."

Lambertsbaai

Abalone Self-Catering

"Lambertsbaai 'n geskiedkundige juweel. Met behulp van die pamflette wat Theunette gereed het vir gaste kan jy waarlik teruggevoer word na die makliker tye. Daar is 'n museum met artikels van donkiejare terug en die mense in die gemeenskap is so vriendelik. Ons het oral gestap waar ons wil wees. En met al die lekker eetplekke het jy waarlik die loop nodig. As jy meer in natuur wil wees kan jy 'n rustige stappie op die hawe neem na Bird Island en voor die son sak kan jy uitkyk op duisende voëls wat oor die see sweef. Die kuier werd."

Lambertsbaai

Xamarin Guest Farm

"'n Baie rustige kusdorp, maar dit het ook sy nadeel in dié dat daar geen winkels na-ure oop was waar ons proviand kon bekom nie. Aangesien dit midde-in die blommekyk-tyd was en Lambertsbaai in die middel van die blommeroete, was dit vreemd. Daar is egter 'n baie oulike restaurant (tussen 'n paar minder oulikes) wat deur oud-Pretorianers bedryf word waar heerlike, bekostigbare etes bestel kan word vir wegneem of daar eet."

Lambertsbaai

Branders Accommodation

"Baie rustige omgewing."

Lambertsbaai

Bay Plaza

"Altyd lekker. Almal moet ten minste een keer in Lambertsbaai oorbly. Maak beslis 'n draai by Isabellas in die hawe vir heerlike seekos."

Lambertsbaai

Aan't See House and Apartment

"Rustigheid vanself. Ongerepte natuurskoon. Nog nie deur kommersiële ontwikkeling geskend nie. Hoop dit sal nog vir jare so wees."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Bird Island baie geniet."

Lambertsbaai

Lekke Ekke

"Baie mooi, netjiese dorp. Lekker stappaadjies. Pragtige blomongewing. Sal weer Lambertsbaai besoek."

Lambertsbaai

Bougain Villa

"Het lanklaas sulke vriendelike en behulpsame mense ontmoet. Sal Lambertsbaai beslis weer in die toekoms besoek."

Blad
Blad 31 - Wys 901 tot 930
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang