Verified Reviews
Lowveld
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lowveld
Rated 4.4 out of 5 based on 1157 reviews.
"Ek is mal oor Hoedspruit en het ons by Hat en Creek gaan eet die aand. Sal die plek enige tyd aanbeveel."
"Hoedspruit beïndruk met sy infrastruktuur wat goed onderhou word. Alle fasiliteite waaraan 'n besoeker behoefte sou hê, is beskikbaar."
"Tzaneen het 'n pragtige omgewing met baie vriendelike mense. Dis 'n ware juweel van 'n plek. "
"Tzaneen is 'n wonderlike dorp en nadat ons vir die ander twee aande verblyf gekry het, het dit 'n aangename naweek uitgedraai!"
"Qualito distillery is 'n plekkie wat jy moet besoek as jy in Phalaborwa is. Ons het ook sommer 'n trippie deur die wildtuin gedoen. Phalaborwa hek is baie naby aan Ngalali en mens kan maklik 'n dag trippie maak wildtuin toe. "
"Geen restaurante oop na 17:00 in die dorp. Maak seker om kruideniersware saam te neem om self kos voor te berei in die kamer se kombuis op 'n Sondagaand."
"Baie mooi dorpie met vriendelike mense. Verblyf is net vreesik duur vir ons plaaslike mense."
"Lekker area om wildtuin in te gaan. Daar is ook baie besienswaardighede en goed om te doen in Hoedspruit."
"Daar is 'n whisky stokery wat baie oulik is. Jy kan bespreek vir 'n toer deur die plek."
"The place is clean, no noise and there's lots of wild animals. I really enjoyed it the most."
"Ek was verbaas om te sien hoeveel ontwikkeling plaasvind vanaf Orighstad tot by Hoedspruit."
"Just wish on the way from Lydenburg they could fix the road condition as we would like to do a motor cycle trip down from Johannesburg towards Hoedspruit, but with the road condition, it might be very dangerous if not impossible."
"Pragtige dorp vol interessante inligting. Lekker eetplekkies en vrek naby aan die Phalaborwa-hek na Krugerwildtuin."
"Tzaneen is 'n vreemde dorp, maar het baie goeie toeriste-aantrekkings en doendinge."
"Dorp is gerieflik geleë teen die Krugerwildtuin. Veral gerieflik vir oornagverblyf voor ingang tot die Krugerwildtuin. Rustige mooi dorpie."
"As oud inwoner van Phalaborwa en ook betrokke by toerisme gedurende die tyd wat ons daar gewoon het, was dit vir my baie teleurstellend om die agteruitgang van die eens pragtige, bosvelddorpie aangrensend van die Kruger Wildtuin te sien gebeur. Phalaborwa lê my baie na aan die hart, en is die huidige toestand van die dorp vir my 'n baie hartseer aangeleentheid. Dit is nie meer die Phalaborwa wat ek geken het nie. "