Verified Reviews
Maloti Route, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 3628 reviews.
Clarens, Maloti Route, South Africa
Red Mountain House"Vriendelike mense, lekker eetplekke en baie kuns. Lekker naby Golden Gate wat waarlik 'n belewenis is om deur te ry. En moenie vergeet om die twee draaie te ry en die diere wat in groot troppe daar in die berge bly te bewonder nie."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Highland Quarters"Enige toeris moet Clarens ten minste een maal beleef en deur die Golden Gate Nasionale Park reis"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Zwartmodder"Interessant en nie die gewone nie. Eetplekke is voortreflik."
Clarens, Maloti Route, South Africa
RiverWalk Guest House"Winkels maak al 16h00 toe. Te vroeg vir n Vrydagmiddag!"
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Pragtige omgewing."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Fairview Cottages"Die omgewing is pragtig. Tipiese kunsdorpie, maar oulik."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Larola Terraces"Claren sal altyd een van my gunstelling plekke bly om te besoek. Winkeltjies te veel vir een dag en kry dit reg om jou beursie leeg te maak, al het jy nie beplan om geld uit te gee nie, kuns galerye fantasties. Restaurante heerlik. Roter Hahn Restaurant en Delhi het 'n heerlike eg-Duitse spyskaart en puik diens en lekkernye vir piekniek hou by Golden Gate. Die Clarens Bier Brouery is ook 'n moet!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Fairview Cottages"Mal oor die plek. Sal beslis weer en weer gaan."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Titanic View - Place of Peace"Rustig en baie mooi daar, net winkels sluit te vroeg. Teen 5 uur is dorpie se winkels gesluit."
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Oranje Guest Farm"Baie gastehuise en gasteplase - goed geleë!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
The Clarens Country House"Ons het ons besoek aan Clarens vreeslik geniet. Dis net jammer dat van die kleiner snuffelwinkeltjies toegemaak het en sommige plek moes maak vir meer eetplekke."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Talking Trees Self-Catering House"Clarens is 'n ideale wegbreekbestemming vir ons Vrystaters wat ver is van al die lieflike toeristebestemmings. Dis geleë in pragtige natuurskoon en daar is genoeg bedrywighede om 'n naweek in 'n onvergeetlike ervaring te omskep wat eet, drink, koop en ervaar betref. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
The Clarens Country House"Ek sien nie eintlik tekens dat daar 'n uitreikprogram is na werkloses en so nie. In Dullstroom was motorwagte wat duidelik opgelei is om jou welkom en veilig te laat voel terwyl Clarens kennisgewings ophet om betaling aan hulle te ontmoedig. 'n Mens kry die idee van 'n verdeelde gemeenskap."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Titanic View - Place of Peace"Enige tyd sal ek die bestemming aanbeveel. Jy kan die mooiste geskenkies koop, en sommer in die aand deur die strate loop - wow!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
The Courtyard Guest House"Volgens my die nommer 1 naweekbestemming noord van die Oranjerivier."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Pragtige mense, heerlike kosse in verskeie eetplekke gehad. Sal graag 'n dorpskaart wil sien met aanduiding van alle winkeltjies, eetplekke, besienswaardighede in die omtrek ens. op aangedui en nie net die kunsgalerye nie. As daar so iets is sal dit goed wees om dit in Lola's te plaas vir besoekers. Great plek."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Ongeag Self Catering House"Die dorp word beter bemark as wat ons ervaring was. Items se pryse baie buitensporig."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Zwartmodder"Baie lekker toeriste plek en die stalletjies is natuurlik 'n fees!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
RiverWalk Guest House"Altyd lekker. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Red Mountain House"Raak elke keer duurder. Sommige van die snuisterye te koop is tipiese vlooimark produkte wat nog duurder verkoop word. Eksklusiwiteit sal die behoud van Clarens wees."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Highland Quarters"Fantastiese, pragtige natuurskoon en altyd iets nuuts in die dorp."
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Fouriesburg is geleë in die mooiste deel van die Vrystaat. Maak jou motor se petroltenk vol in Betlehem, nie altyd brandstof oor 'n naweek! Neem die nodigste kruideniersware ook saam, wel slaghuise en drankwinkels!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
De Lusthof Guest Farm"Clarens is 'great'! Los die kos by die huis en vat net genoeg geld saam, ons het met al ons kos en nog meer teruggegaan huis toe. Die mense is vriendelik en die plek is rustig en veilig. Die hoogtepunt was die 'white river rafting' op die Asrivier, wat 'n avontuur saam Kallie se 'crew'."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Woodlands Retreat Private Property"Klein dorpie met baie karakter, sal weer moet teruggaan."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Accommodation @ The Spa"Baie lekker maar te gewild. Mense trap jou dood in die dorpie."
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Uitzicht Private Nature Reserve and Game Lodge"Hou verby Clarens toe."
Ficksburg, Maloti Route, South Africa
Bella Rosa Guest House"Water shortage was a turn off. Have bigger jojo tanks or in future, budget for a borehole just in case."