Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3665 reviews.
"Claren sal altyd een van my gunstelling plekke bly om te besoek. Winkeltjies te veel vir een dag en kry dit reg om jou beursie leeg te maak, al het jy nie beplan om geld uit te gee nie, kuns galerye fantasties. Restaurante heerlik. Roter Hahn Restaurant en Delhi het 'n heerlike eg-Duitse spyskaart en puik diens en lekkernye vir piekniek hou by Golden Gate. Die Clarens Bier Brouery is ook 'n moet!"
"Rustig en baie mooi daar, net winkels sluit te vroeg. Teen 5 uur is dorpie se winkels gesluit."
"Ons het ons besoek aan Clarens vreeslik geniet. Dis net jammer dat van die kleiner snuffelwinkeltjies toegemaak het en sommige plek moes maak vir meer eetplekke."
"Clarens is 'n ideale wegbreekbestemming vir ons Vrystaters wat ver is van al die lieflike toeristebestemmings. Dis geleë in pragtige natuurskoon en daar is genoeg bedrywighede om 'n naweek in 'n onvergeetlike ervaring te omskep wat eet, drink, koop en ervaar betref. "
"Ek sien nie eintlik tekens dat daar 'n uitreikprogram is na werkloses en so nie. In Dullstroom was motorwagte wat duidelik opgelei is om jou welkom en veilig te laat voel terwyl Clarens kennisgewings ophet om betaling aan hulle te ontmoedig. 'n Mens kry die idee van 'n verdeelde gemeenskap."
"Enige tyd sal ek die bestemming aanbeveel. Jy kan die mooiste geskenkies koop, en sommer in die aand deur die strate loop - wow!"
"Pragtige mense, heerlike kosse in verskeie eetplekke gehad. Sal graag 'n dorpskaart wil sien met aanduiding van alle winkeltjies, eetplekke, besienswaardighede in die omtrek ens. op aangedui en nie net die kunsgalerye nie. As daar so iets is sal dit goed wees om dit in Lola's te plaas vir besoekers. Great plek."
"Die dorp word beter bemark as wat ons ervaring was. Items se pryse baie buitensporig."
"Raak elke keer duurder. Sommige van die snuisterye te koop is tipiese vlooimark produkte wat nog duurder verkoop word. Eksklusiwiteit sal die behoud van Clarens wees."
"Fouriesburg is geleë in die mooiste deel van die Vrystaat. Maak jou motor se petroltenk vol in Betlehem, nie altyd brandstof oor 'n naweek! Neem die nodigste kruideniersware ook saam, wel slaghuise en drankwinkels!"
"Clarens is 'great'! Los die kos by die huis en vat net genoeg geld saam, ons het met al ons kos en nog meer teruggegaan huis toe. Die mense is vriendelik en die plek is rustig en veilig. Die hoogtepunt was die 'white river rafting' op die Asrivier, wat 'n avontuur saam Kallie se 'crew'."
"Quaint little town. Both vibrant and peaceful. Lots to do and see (before 17:30). We Ziplined at Clarens Xtreme. The children had loads of fun and the staff was helpful and friendly. Safety seems to be a high priority. We struggled to get a place to eat dinner with children as most places closed at 17:30. The variety in the supermarket is limited. Clarens Xtreme also has a lovely Ossewa camp just outside Clarens for groups or families. Lovely setting and good facilities. We took a youth group during a previous trip and had great fun! Ollie Esplin (the owner) is also very knowledgeable about the geography (stone formations, etc.) and the history of the area. Worth a trip with him. "