Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Dit is 'n wonderlike en vriendelike dorpie. Mens vergeet van die wêreld daarbuite en geniet elke oomblik daar. Sal weer en weer daarheen gaan."
"Die berge is pragtig en is wat ons tot Clarens aangetrek het. Die winkeltjies is oulik, maar 'n mens kan ook net soveel winkeltjies besoek. Baie van die winkeltjies het ook dieselfde tipe voorraad, so dit raak bietjie vervelig. Dit is definitief nie 'n plek vir iemand wat nie van shop hou nie! Ek dink 'n mens kan ander soortgelyke plekke nader aan Gauteng (van waar ons is) besoek. Ons het 'n dringende mediese noodgeval gehad en moes deurjaag na Bethlehem toe, omdat die dokter nie beskikbaar was buite sy spreekkamerure nie."
"Heerlike naweekkuier. Lekker eet, fietsry en rondsnuffel in winkeltjies. Restaurante raak baie vol in die aand - so bespreek vooruit."
"Awesome dorpie en uitstekende restaurante. Eat Cheese Deli vir ontbyt en Costos vir aandete is 'n moet vir elke persoon wat Clarens besoek, maak net seker jy bespreek by Costos voor die tyd."
"Clarens is 'n wonderlike rustig dorp waar jy kan ontspan en rus, met baie om te doen in en om Clarens. Die restaurante is top klas met iets vir elke smaak. Snuffel gerus rond in die talle winkels."
"Asemrowende uitsig, Clarens is skoon en veilig en als is bymekaar. Moenie enige kettingwinkels verwag nie, maar dit maak die dorpie uniek."
"Pragtige dorp en goed geleë om al die besienswaardighede te besoek, asook Lesotho. "
"Ons geniet elke keer ons besoek aan Clarens en ontdek altyd iets nuuts. Die hele dorpie het 'n heerlike atmosfeer en ons ontspan heerlik."