Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3699 reviews.
"Ongelooflike natuurlandskap reg rondom die dorp. Lieflike, rustige atmosfeer met interessante winkeltjies en voortreflike restaurante om te probeer. 'n Plek wat elke mens móét ontdek!"
"Natuur fantasties, sekere winkels netjies met puik voorraad en diens, ander kom oud voor en behoort vernuwe te word. Sekere restaurante puik terwyl ander effe vuil en slordig voorkom. Strate vuil met gemors en verkope van produkte sonder stalletjies behoort gestaak te word ─ sulke produkte staan heeldag in son."
"Clarens bly 'n aangename dorpie om te besoek en is puik geleë as basis om die prag van die Oos-Vrystaat, asook dele van Lesotho te verken. "
"Beautiful environment. We were there for the Cherry Festival but spent most time at Sandstone and a nearby Ionia cherry farm where a separate festival was run after the cherry harvest. "
"Dis 'n wonderlike dorp vir 'n wegbreeknaweek. Soveel interessante winkels en eetplekke. Dit laat my dink aan Kalkbaai in die Weskaap, net sonder die see."
"Awesome. Goeie diens van die eetplekke. Die mooiste goeters in al die winkeltjies en die omgewing is pragtig. Dit is 'n weer-soontoe-gaan werd."
"Kuier altyd lekker in Clarens. Mooi omgewing, mooi winkeltjies en lekker kos! Naby genoeg aan Pretoria vir 'n naweek-uitstappie."
"Hou baie van die area, soek gereeld nuwe blyplekke, sodat ons die berge kan gaan besigtig. Hou daarvan om by plaas-akkommodasie plek te soek."