Verified Reviews
Maloti Route, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 3628 reviews.
Clarens, Maloti Route, South Africa
Zwartmodder"Ons was vir die eerste keer daar en het beide smoorverlief geraak op Clarens."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Knock Out View"Baie interessant en het die staproetes geniet. Oppas net om dit algeheel te kommersialiseer."
Clarens, Maloti Route, South Africa
De Ark Mountain Lodge"Jammer om te sê maar Clarens het sy bekoring verloor. Dit is te bedrywig. Daar is baie eetplekke en die meeste se diens is uiters swak. Die winkels het nog steeds dieselfde as 5 jaar terug. Daar is regtig niks meer besonders aan die dorp nie. Ons was geskok om die mense se taalgebruik te hoor, definitief nie 'n plek om jou kinders heen te vat nie. Clarens was altyd die skilderagtige dorpie met die mooiste kuns, nie meer nie. "
Clocolan, Maloti Route, South Africa
Ben Nevis Guestfarm"By dorp se ingang kan parkgras gesny word, slegte oog. Die paaie is baie sleg (potholes), vuil in die dorp en pad wat na Ben Nevis toe loop (hoofpad), baie papiere en vee wat pad kruis na willekeur. Mense sit in die dorp rond vir kwaadgeld. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Villa Vista Bonita 63"Ek het die kunsgalerye baie geniet. Daar is 2 wat uitstekende kuns uitstal. Dis 'n pragtige skilderagtige dorpie waarin mens ten volle kan ontspan en dit bied goeie restaurante en geriewe. "
Ficksburg, Maloti Route, South Africa
The Woodpecker Guesthouse"Die omgewing se natuurskoon was baie besonders. Ek sal baie graag weer wil teruggaan Ficksburg toe vir kersiefeestyd, maar ook om net meer tyd in die omgewing te spandeer. Sandstone Estate is ook 'n besoek werd met die stoomtrein- en ossewa-ritte wat mens daar kan doen."
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Lesoba Guest Farm"Die mense is vriendelik en lekker eetplekkies. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Aspen Guest House"Pragtige juweel van die Vrystaat. Kan net lekker ontspan en die natuur geniet."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Willow Villas"Baie lekker rondgeloop in Clarens, al die winkeltjies deur van voor tot agter. Baie besig gewees, veral sekere van die eetplekke, maar dit het ons nie afgesit nie."
Clarens, Maloti Route, South Africa
La Bri"Pragtige, rustige dorpie. Van die besighede sluit te vroeg. Sommiges is al 15:00 gesluit. Gewoond in die stad is besigheidsure ten minste tot 17:00."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Clarens Mountain Sage Self-care"Jy moet tyd saambring om alles te kan geniet."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Gypsy Guest House Clarens"Wens hul werksure was later, te veel oulike goed om te sien!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rooikat Cottage"Romantiese dorpie met 'n unieke bekoring. Ideaal vir 'n naweek-wegbreek. Die locals is gaaf en vriendelik. Die atmosfeer is awesome!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Clarens Mount Rose Self-catering Holiday House"Good food, drinks and a picturesque setting."
Ficksburg, Maloti Route, South Africa
The Woodpecker Guesthouse"Die paaie is in 'n vreeslike toestand."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Clarens Cottage"It is an awesome place to be and I'd love to visit again soon. Felt safe and welcome."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Cottage Pie"Mal oor die natuurskoon met goed in stand gehoude voetpaadjies oral. Mooi vriendelike mense wat ons oral raak geloop het."