Verified Reviews
Maloti Route, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 3628 reviews.
Clarens, Maloti Route, South Africa
Cottage Pie"Dit is altyd lekker om Clarens te besoek en rustig deur die verskeidenheid winkels te beweeg en die etes by die restaurante te nuttig. Ons het ook lekker by die brouery gekuier. Dit is ook lekker om deur die natuur te beweeg (stap) en dit ten volle te sien. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Linwood Guest Farm"Jammer dat daar nie 'n gewone supermark is nie (Spar of Pick n Pay), voorrade is baie duur, restourante ook! "
Clarens, Maloti Route, South Africa
V'Kansi Khaya"Ons is gaande oor Clarens. Perfek vir daai wegbreek van die huis sonder om ure op die pad te spandeer."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Larola Terraces"Clarens is 'n pragtige dorpie met baie meer om te bied as wat dit lyk. Dié klein dorpie spog met talle kunsgalerye, winkels en restaurante uit die boonste klas. Die plekkies wat ons die meeste geniet het was die Clarens Brewery en Friends Restaurant and Pub. Die brouery bied gratis bier-en ginproesessies aan en die personeel is baie vriendelik. Die kroeg bedien kos wat waarde vir geld is en dit is smaaklik. Clarens gons behoorlik met mense van regoor die wêreld, nie net Suid-Afrika nie, en dit is lekker om deur die Golden Gate te ry vir pragtige uitkykpunte van die nasionale park! Behalwe vir die weer wat in die aande nie saamgespeel het nie, sou ons Clarens 10 uit 10 gee!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rooiland"Ek het Clarens seker al 16 keer besoek, dit bly maar net 'n onvergeetlike bestemming. Dis 'n plekkie baie na aan my hart. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rebellie Gaste Plaas - Loslit"Golden Gate is 'n groot pluspunt."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Fairview Cottages"Dit is 'n romantiese dorpie in die natuurskoon."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Royal Coachman Lodge"Been there before and will keep on going back!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Old Mill Drift Guest Farm"Die moeite werd, 'n wegkomkans uit die gejaagde lewe, voel soos 'n ander wêreld."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Titanic View - Place of Peace"Lekker kuierdorpie vir 'n naweek."
Clocolan, Maloti Route, South Africa
Vlakbult Guest Farm"Peaceful location. If want to get away from the busy city life to have a peace of mind and clean air, I would recommend you visit Clocolan."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Red Mountain House"Baie unieke dorp met die mooiste natuurskoon."
Ladybrand, Maloti Route, South Africa
Ladybrand Heritage House"Dit was altyd vir my 'n halfweghuis na die Katse Dam asook Semonkong by die Maletsenyane-waterval asook die voormalige toeriste kantoor in Ladybrand. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Knock Out View"Fantastiese dorpie; skoon en netjies; vriendelike mense; baie te doen; kan `n week daar bly; sal weer teruggaan!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Habitat"Clarens is baie mooi, rustig, veilig en bied kwaliteit en waarde vir besoekers enige tyd van die jaar."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Nog altyd verlief op Clarens, weereens glad nie teleurgestel nie, dit raak net beter!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Hannic's Retreat"Die motorfietsbendes moet verkieslik die dorp verbied word, hulle is van hanekraai af al raserig! Alles is bekostigbaar en die eetplekkies is heerlik. ‘n Heerlike plekkie vir ‘n naweek!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Titanic View - Place of Peace"Pragtig, maar baie duur vir Suid-Afrikaners."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Arundel Studios"Goeie wegbreek opsie uit Johannesburg. Mens kan gaan stap, fietsry en die dorpie se kunswinkeltjies en restaurantjies besoek, so daar's heelwat om te doen as jy van 'n rustige wegbreek hou."
Ladybrand, Maloti Route, South Africa
Ladybrand Guest House"Ek sal net graag wil sien dat die paaie in die dorpie beter onderhou word."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Old Mill Drift Guest Farm"Very commercialised, but very nice. Too busy for my liking."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Mt Horeb Manor"Die natuurskoon is asemrowend en daar is baie plekkies in die dorp om te eet of iets te drink. Die meeste grondpaaie laat mens terug dink aan die goeie ou dae en dis uiters aangenaam om deur die strate te gaan stap."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Die Kruik"Dis 'n asemrowend plek en die natuur is pragtig waar jy kan asemhaal! "
Ladybrand, Maloti Route, South Africa
Ladybrand Heritage House"Ladybrand is pragtig en lyk na 'n rustige dorp. Dit is by die Lesothogrens. Ons het dit terdeë geniet."