Geverifieerde Resensie

Maloti Route, South Africa

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route, South Africa bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3628 resensies.

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Cottage Pie

"Dit is altyd lekker om Clarens te besoek en rustig deur die verskeidenheid winkels te beweeg en die etes by die restaurante te nuttig. Ons het ook lekker by die brouery gekuier. Dit is ook lekker om deur die natuur te beweeg (stap) en dit ten volle te sien. "

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Linwood Guest Farm

"Jammer dat daar nie 'n gewone supermark is nie (Spar of Pick n Pay), voorrade is baie duur, restourante ook! "

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

V'Kansi Khaya

"Ons is gaande oor Clarens. Perfek vir daai wegbreek van die huis sonder om ure op die pad te spandeer."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Larola Terraces

"Clarens is 'n pragtige dorpie met baie meer om te bied as wat dit lyk. Dié klein dorpie spog met talle kunsgalerye, winkels en restaurante uit die boonste klas. Die plekkies wat ons die meeste geniet het was die Clarens Brewery en Friends Restaurant and Pub. Die brouery bied gratis bier-en ginproesessies aan en die personeel is baie vriendelik. Die kroeg bedien kos wat waarde vir geld is en dit is smaaklik. Clarens gons behoorlik met mense van regoor die wêreld, nie net Suid-Afrika nie, en dit is lekker om deur die Golden Gate te ry vir pragtige uitkykpunte van die nasionale park! Behalwe vir die weer wat in die aande nie saamgespeel het nie, sou ons Clarens 10 uit 10 gee!"

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Rooiland

"Ek het Clarens seker al 16 keer besoek, dit bly maar net 'n onvergeetlike bestemming. Dis 'n plekkie baie na aan my hart. "

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Fairview Cottages

"Dit is 'n romantiese dorpie in die natuurskoon."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Royal Coachman Lodge

"Been there before and will keep on going back!"

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Old Mill Drift Guest Farm

"Die moeite werd, 'n wegkomkans uit die gejaagde lewe, voel soos 'n ander wêreld."

Clocolan, Malotiroete, Suid-Afrika

Vlakbult Guest Farm

"Peaceful location. If want to get away from the busy city life to have a peace of mind and clean air, I would recommend you visit Clocolan."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Red Mountain House

"Baie unieke dorp met die mooiste natuurskoon."

Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika

Ladybrand Heritage House

"Dit was altyd vir my 'n halfweghuis na die Katse Dam asook Semonkong by die Maletsenyane-waterval asook die voormalige toeriste kantoor in Ladybrand. "

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Knock Out View

"Fantastiese dorpie; skoon en netjies; vriendelike mense; baie te doen; kan `n week daar bly; sal weer teruggaan!"

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Habitat

"Clarens is baie mooi, rustig, veilig en bied kwaliteit en waarde vir besoekers enige tyd van die jaar."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Lola's Luxury Self-Catering Accommodation

"Nog altyd verlief op Clarens, weereens glad nie teleurgestel nie, dit raak net beter!"

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Hannic's Retreat

"Die motorfietsbendes moet verkieslik die dorp verbied word, hulle is van hanekraai af al raserig! Alles is bekostigbaar en die eetplekkies is heerlik. ‘n Heerlike plekkie vir ‘n naweek!"

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Cottage Pie

"Still one of my favourite places on earth."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Titanic View - Place of Peace

"Pragtig, maar baie duur vir Suid-Afrikaners."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Arundel Studios

"Goeie wegbreek opsie uit Johannesburg. Mens kan gaan stap, fietsry en die dorpie se kunswinkeltjies en restaurantjies besoek, so daar's heelwat om te doen as jy van 'n rustige wegbreek hou."

Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika

Ladybrand Guest House

"Ek sal net graag wil sien dat die paaie in die dorpie beter onderhou word."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Old Mill Drift Guest Farm

"Very commercialised, but very nice. Too busy for my liking."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Mt Horeb Manor

"Die natuurskoon is asemrowend en daar is baie plekkies in die dorp om te eet of iets te drink. Die meeste grondpaaie laat mens terug dink aan die goeie ou dae en dis uiters aangenaam om deur die strate te gaan stap."

Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika

Die Kruik

"Dis 'n asemrowend plek en die natuur is pragtig waar jy kan asemhaal! "

Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika

Ladybrand Heritage House

"Ladybrand is pragtig en lyk na 'n rustige dorp. Dit is by die Lesothogrens. Ons het dit terdeë geniet."

Blad
Blad 92 - Wys 2731 tot 2760
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang