Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3699 reviews.
"Definitief 'n dorpie wat sommer vinnig in jou hart inkruip, met al sy klein winkeltjies en sy natuurskoon."
"Baie lekker dorpie om te besoek, met baie om te doen. Dit is ongelukkig net die paaie daarheen wat hard is op die bande, en kan veroorsaak dat mens nie te gretig is om weer die reis aan te pak nie. Veral die pad vanaf Viljoenskroon tot Steynsrus is baie erg, en ook die stukkie waar jy afdraai na Ventersburg tot in Welkom. Maak nie saak watse pad jy ry nie, hulle bly maar gevaarlik en maak die reis na Clarens bietjie stresvol. Maar dit is die regering se probleem, en nie Clarens sin nie. Dit kan egter die toerisme daarheen affekteer indien dit nie reggestel word nie."
"Dit was ons eerste keer en Clarens was awesome en sien ons definitief weer en weer."
"Clarens is 'n pragtige Vrystaatse dorpie met 'n heerlike atmosfeer, oulike winkeltjies, lekker eetplekke en 'n mooi gholfbaan. Dis net 'n klipgooi weg van Lesotho sou 'n mens oorweeg om Lesotho ook te besoek."
"Lovely village with very interesting little shops and plenty of art galleries!"
"Geniet Clarens met elke besoek, maar moet sê Rooikat Cottage het dit hierdie keer nog baie meer aangenaam gemaak."
"Clarens is een van die mooiste dorpies en 'n moet vir enige iemand se wenslys, om ten minste een keer te besoek."
"Clarens is good for a weekend visit or painting holiday, as the views are absolutely stunning. Not sure about a longer stay as it is a very small town and apart from outdoor sporting activities, does not offer much more. The shops are rather expensive and much of what is on offer is available in the City at much cheaper prices. I would be lovely to see art exhibitions on the square by local and other artists over weekends which they can sell to the public without a middle man. "
"Beautiful town, even the township was interesting and seemed to be without high order crime."
"Ek het veral die Bibliophile baie geniet en natuurlik die restaurante bied uitstekende kos vir die honger toeris."
"Ons hou baie van die natuurskoon van Clarens. Die ongeteerde strate laat egter baie te wense en skaad beslis die goeie naam van Clarence."
"Fouriesburg is baie rustiger as Clarens en is baie sentraal geleë om Oos Vrystaat en Lesotho te verken. "
"Ek wou nog altyd die dorpie en sy omgewing besoek en sal beslis weer eendag soontoe wil gaan. As ek mag, sal ek graag wil voorstel dat hulle die Tugella Waterval meer bemark. Dit is die tweede hoogste waterval in die wêreld en toe ons daar aankom vind ons uit dat daar 'n drie uur stap (een rigting) is en dit was toe reeds te laat die middag om die tog aan te pak."
"Dorpie is baie duur. Op die beste langnaweek sal van die eetplekke se kombuis sluit om 6 pm wanneer almal wil uitgaan om te eet. Eienaar sal ook nie skroom om jou koud net weg te wys nie. 'n Spar of Pick 'n Pay sal 'n aanwins wees vir ons middelklas en die dorpenaars en gemeenskap."
"Sentraal geleë in 'n pragtige landskap en die hart van die dorp klop in die Fouriesburg Country Inn."
"The food venues need to step up on the standard of food served. "
"Die pad tussen Clocolan en Ladybrand is vol slaggate en 'n mens kan nie vinniger as 80km/h ry nie, wat jammer is, want die pad kan eintlik so maklik reggemaak word en dan sal die rit nie so moeilik wees nie. Ons het van Bloemfontein afgekom, tot op Ladybrand is die pad werklik mooi."
"Ladybrand is aan die voet van die Maluti/Drakensberge. Ongelooflik mooi. Baie ontspanne omgewing en ideaal vir die avontuurlustige reisiger. "